Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ornaments vetel storie van hoe vê ôs gekom et

Elke paa maande het daa ’n swat antie by ôs hys omgekom. Dan sit my ma en sy innie voorhys vi bietjie meer asse half uur en sort dee ôs ou klere. Ek het nooit gewiet wattie antie se naam wassie, wan al wat sy ooit gesêrit as sy byrie dee geklop et en jy maak oepe was, “Ou clothes”. Dan skrie een van my ma se kinnes vannie dee af narie agte kame offie agtejaat waa my ma biesag was, “Mammie, ou clooothes!”

Ôs voorhys het gelyk asof ie mense daa ytgetrek et en hulle goed als netsoe gelos et. Nieman het ooit daa gesit ie. Ek wiettie rêrag hoekom ie, maa miskien wassit omdat ie vloe tiled was, ennit wassie lekke om met jou knieë daa op te sit en spelie. Daa wassie restricted areas in ôs hysie, jy kan ienagge plek gespeel et.

As jy daa ingestap et, though, sal jy gedink et daa is rules rondom ie voorhys. Wan my ma se voorhys was altyd baie mooi. Die main dee wasse dik houte dee, en die side deere waa die voorhys was, was glas deere. Dan het sy ’n glastafel gehad enne ingeboude wall unit wat vol glas-crockery en ceramic ornaments was. My ma het die ceramic-beeldjies byrie swat anties gekry wat daa omgekom et. My ma het ôs ou klere getrade daavoo. Ôs ammel innie Mitchells Plain se hyse het dieselle ornaments gehad.

Eenkee toe vetel my vriend vi my dat hy eenkee inne hys was wat gelyk et soese TV set. Sy pa het in construction gewêk en hy het eendag saam gegan om iets te deliver, die hys het security gates gehad en twie groot, gesonde rottweilers. Hy het ge-emphasize dattie honne gesond was omdat die township-honne nie gesond wassie en hy wou ’n clear distinction maak in case my visual reference vekeed was.

Hy het gesê, daa was chandeliers wat geblink et en dai lang tafels mettie min goed op innie mirrel van een vannie vetrekke. My oë het gedwaal narie vrag plastic blomme wat op ôs dining room tafel gestaan et en geryk et soes skêp myangstokkies. Hy het omtrent virre uur angegan oo hoe gevaalik dai hys was. Modern minimalism, hettie vrou vannie hys it genoem. Dai wassie naam en theme vannie look. En dai hys het sy pa inspire om vi hulle ’n niewe carport te bou met paving en galvanized hekke.

Is ie eestekee dat ek actually gesit en wonne et wat ie theme van my ma en allie anne township-hyse se décor was en hoe baie die theme ve’anne elke einde vannie jaa na hulle hulle goods getrade et mettie vrou wattie ceramics bring. Is ie antie wat ie ceramics offie plastic containers bring part vanne groter conspiracy van trendsetters of is sy, my ma en al ie res vannie vrouens wat in trauma en poverty bly, maa net rebels tien ie groter interior design sham?

’n Type of squalor squad wat eintlik meer weet van style assie mainstream?

Groot, swaa couches op deegetrapte vinyl-tapyt, doillies oorie rug en armrest van dai groot couches, olifante op centerpiece-matte of maroon en orange colour combinations wassie look. Paired met velvet en satyn goedyne wat inspired was dee Dynasty of Santa Barbara.

Maa ek wiet it isse reach. Meeste mense wat ek ken is net grateful hulle hette plek om te bly en try maa net om mettie min wat hulle het, iets mooi te maak. Ôs hys was vol fragments, stukke vannie veliede wat ôs saam gesliep et, maa nie soes family heirlooms ie. Soese stukkie root wat jy inne mason jar ferment soedat jy somehow ammel wat jy verloor et saam jou bring.

Ôs het twie sets ceramic ornaments wat al ôs trekke survive et en wanne ôs niewe vriende kry, point hulle altyd yt hoe funny dai twie ceramic vissies lyk. Dan sê ek net is cool, is part van ons décor, is trauma-chic en bare-stubborn. Op my mantlepiece in my eie plek staan my literary awards proudly langs my ceramic ornaments. En ek sit soms soe, en kykie awards an en dink, julle moetie soe proud lyk ie, dai ornaments vetel ie regte storie van hoe vê ôs gekom et, julle is maa net die epilogue.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.