Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ôs is dai wat met ekstra mense by party kom

Omdat ek en my vrou, Ronelda S. Kamfer, altwie writers is, voel mense awkward daaoo om net een van ôs te invite na literary events toe, bang hulle gan die een wat hulle nie invite ie offend. Soe meeste vannie tyd invite hulle maa ôs altwie.

Ammel wat vi my en Ronelda ken, wiet ôs gaan nêrens sône ôs kind en ’n rugsak vol baby goed wat die hele plek of kar se boot vol staan nie. Wan ôs gloe nie in baby sitters ie, ôs het te veel trust issues daavoo.

Ôs is disgraceful eintlik, wan behalwe dat ôs al drie altyd opdaag wanne net een of twie van ôs invite wôd, is daa nog my broe oek, enne vriend van hom, enne vriend van sy vriend, en ’n anne mutual vriend etc. wie oek moet saam gan. Ôs is dai familie wat nooit RSVP nie en altyd met ekstra mense by die party opdaag. Ons is van kleins af soe geprogramme, wan familie gatherings het gemean ammel gan saam en elke gathering vi ôs isse familie gathering.

In die late nineties was daa soe ’n fleeting trend wat deur coloured families embrace was. Klein invitations, dai mettie pês blomme en scroll motif het die word of mouth invite replace. Die main reason agte die invite was om die Euro in­fluenced RSVP: “REGRET NO CHILDREN ALLOWED”, te kan incorporate onne waa die datum, plek en tyd gestaan et.

Initially het meeste families dai instruction ignore wan die idea dat familie nie allowed is by familie gatherings nie is absurd. Veral as jy soes my ma ses honge kinnes allien moes grootmaak, was elke wedding, 21st birthday of annieming party een dag om nie te worry oo kos ie.

Die main reason agte die invite was om die Euro in­fluenced RSVP: “REGRET NO CHILDREN ALLOWED”, te kan incorporate...

In fact, ôs het oppe tyd, toe ek nog klein was, elke weekend Muslim weddings gan crash by die local civic center, wan Muslims mag’ie honge mense wegwys by ’n wedding ie. Ek wiettie of dai ytie Koran was en of een van ôs self dai tenant of Islam opgemaak et ie, wan hulle het ôs routinely weggewys, maa six times out of ten het ek of een van my broes en sustes daa ytgestap mette platter kos, vi Sunday lunch en supper.

Maa anyway, die beneficiary van soe ’n no children invite het soms, as die family particularly unlikeable was, die terms en conditions met een van dai vet penne met die klomp colours onne an die invite in al dai colours by ge-add. Met ’n no doggy bag clause added vi good measure. Die riede hievoo was dat hulle wou emphasize dat die invite en die kos net extend tot by jou en nie jou kinnes by die hysie.

Ek het al gesien hoe groot anties anne groot anties force om ’n bôd fancies voo hulle op te iet omdat die een antie gewiet het die anne een se kinnes het ’n preference vi fancies. It was Marie Antoinette meets Kussies Bashews en tuna salad in martini glass vibes. Ek het al gesien hoe ’n man en vrou kos orals op hulle lyf wegstiek soes bootleggers innie 1920’s during die prohibition era in America.

My een antie het haa suste gevang party kos steel en inne bid om haa te shame het sy al die kostafels lieg gemaak en vi haa gesê sy kan alles hystoe vat. Maa my antie was shameless, wan sy het ’n vrag kinnes gehad om voo te sôg ennit was die een kind se birthday die next dag.

Van my ma was daa altyd gesê in dai withering way en altyd accompanied met ’n sigh: “Ai, Charmaine en haa baie kinnes.” Soeme soe tewyl ôs by die deu ingestap kom.

Ek is soe erg daaoo om vi ammel saam te vat oppe outing dat toe ek oppe tyd innie Stellenbosch gewêk et ek elke dag my broe wêk toe gevat saam my – net soedat hy ’n bietjie yt Bishop Lavis kan kom. Toe ek die dag die wêk los, toe moet hulle my ytbetaal en toe betaal hulle vi hom oek, wan hy was soe elke dag daa dat hulle assume et hy wêk oek daa, al kan hulle nie onthou et dat hulle hom ooit gehire et ie.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.