Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ôs issie reg vi die fight wat ôs wil fight ie

Al die goed speel op my mind, Black Lives Matter in America, violence tien vrouens in Syd-Afrika, India, France orals eintlik. Rising Covid-19 cases onne swat arm mense. Elke problem altyd opgedish mette disproportionately groot slice oppie plates van swat mense. It maak my siek, depress my. En dan gan daa ’n wit pesoon kom, en nog iets sê of doen ommit worse te maak. ’n Wit mens gan vra wat van plaasmoorde? Wat van wit mense wattie wêk kan kry nie? Asof dai die antwoord is an elke vraag watte swat mens kan vra oo inequality. En assie inequality wee opbou en te veel raak om te vat, gan swat mense strate toe gan en protest. En dan gan ieman vra hoekom destroy swat mense hulle eie plekke as hulle protest, hoekom brand swat mense buildings af. En dan gan daa ’n eloquent, educated swat pesoon sê dat die protests peaceful was totdat die polisie begin rubber bullets skiet et ennie protesters begin teargas et. Dai eloquent swat pesoon gan inne passionate, yet measured way explain dattit mense is wat niks te doen het mettie protest wat die violence cause. Dai swat pesoon gan reiterate ’n honned kee dat die protest peaceful is. Wan as jy swat is, moet jy ees jou credentials wys. Jy moet ees bewys dat jy ’n civilized member van society is. Maa ek gan ophou lyste, en my mond hou, en nie vra wat ék rêrag wonne nie: “Hoekom moet die protests peaceful wies?”

Een vannie most obscene little ironies vi my is wit mense se admiration vi Mandela se peaceful rebellion. Wies daa nog? Gan­dhi en Martin Luther King Jr. Daa wôd altyd soe baie emphasis geplaas op hul peaceful resistance. Is hoekom baie minner mense vi Malcolm X admire. Dai is tot daa ieman vebykom en explain dat annie einde van sy liewe, voo hy violently doodgemaak was, het hy oek peaceful resistance em­brace. Hoekom wil ’n violent system vi mense sê hoe om te rebel daatien? It maak niks sense ie. It maak niks sense om vi mense te wil dictate hoe om tien jou trug te baklei nie. Is soe simple soese bully wat jou slaan en agtena vi jou sê hoe baie hy jou admire dat jy nie vi hom truggeslaan et ie.

Ôs betaal constantly virrie bad decisions van ryk mense en mense in power. Soe often betaal ôs met liewens offie liewens van mense wie ôs lief is voo. Is soe ’n funny thought vi my: Janine van Bishop Lavis, wie nog nooit vêder assie CBD getravel et ie, is dood an Covid-19. ’n Disease wat oppe aeroplane hientoe gekommit. Janine wat nog nooit oppe aeroplane wassie. As dai nie ’n metaphor is vi die liewens van arm mense nie, dan wiet ekkie. It maak ’n mock­ery van al dai bullets wat jy gedodge et innie ghetto. En dan agtena, kry jy ammel se sympathy totdat jy die een ding doen wat jy rêrag voel, totdat jy rêrag kwaad wôd. Wan alles kan condone wôd behalwe violence. Ienagge decent mens wiet dai. Asof ôsie elke dag violence condone ie. Jy worry oo swat mense wat buildings afbrand, ryk mense is biesag omme planeet af te brand. En as ôsie mee hie kan bly nie, gan dai selfde ryk mense oppe moon mission gan en is mis vi jou wattie ees ’n brood se geld bymekaa kan skraap ie nevermind ’n ticket. Die wêreld issie interested in hoe goed jy issie, die mense wat bad business deals maak watte hele land se economy lat sink en hulleself ryker maak, siennie jou protest sign en stop en pause ie.

En ek sê nou die maa my hart issie rêrag innit ie. Ennit is miskien omdat ek wiet ôs issie reg vi die fight wat ôs wil fight ie. Ôs need om ees die fight tien ôs attention spans te wen. Van Facebook en Instagram af kom. Ôs moet ees die base se speelgoed vi hulle trug gie. Is maa net daa om ôs docile te hou, ’n way om jou anger op te suck. As jy wil revolt, is revolution al wat jy an moet dink. Jy kannie “Black Lives Matter” tweet en dan vie uur later iets oo ’n celebrity tweet ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.