Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ôs kinnes gan nooit anonymity experience

Ek het eendag net naar geraak vi social media en beslyt ek is klaa mettit. Ek wiettie presies hoekom’ie.

Miskien issit omdat ek eendag begin wonne et, tewyl ek biesag was om casually ’n cute photo van my dogte op Facebook te sit, of social media nie die ciga­rettes van ôs tyd issie.

Was ekkie nou soes my parents en baie anne parents wie rustig rondom die kinnes sit en roek it ie. Sône om te vestaan wat hulle inhale en exhale: cancer, asthma, birth defects en an en an en soe an. Is funny om nou te sien, ou films waa mense sit en roek innie aeroplane. En elke tyd het sy goed soes dai, irrespective van hoe modern en evolved ôs imagine ôs is.

Innie 90’s het ôs gestaan in mustard dungarees en gelag vi mense innie 80’s in hul stonewashed jeans. Despite al die evidence to the contrary is elke genera­tion convinced hulle gannie die mistakes maak van die vorige generation nie.

Soe het ek gesit, biesag omme photo van my baby op Facebook te sit sône haa permission, wan it issie iets wat jy permission voo makee nie. En ek het gesit en dink, ek het honnede vriende op Facebook wat nie rêrig my vriende issie, van wie ek miskien net twintag ge-meet et al en elke vriend represent ’n venste into my liewe en agte elke venste staan daa nog ’n venste ens. En dai was vi my creepy, maa it wassie die creepiest vi my nie.

Maa is harmless oek, issit ie, het ek gedink. It is net mense met baie tyd of baie geld vi wie abstract dinge soe baie weight dra.

Wat vi my die creepiest was, was die feit dat my dogte noggie ses jaa oud wassie en daa isse algorithm wie haa ampe soe goed soes my ken.

Ôs was pacified gewies daa in mettie promise vanne global village om ôs privacy op te gie. En is miskien te laat nou, maa ek kan nog darem ’n tyd onthou wat ek anonymity gehad et. Ôs kinnes gan nooit dai experience ie. Hulle gan opgroei en nie die concept van privacy vestaanie. Hulle gan die loss voel sône om te wiet wat hulle mis. Wan privacy isse basic human right, soes wate en lug, it is in ôs
genes soesit inne vis se genes is om onne wate asem te hal.

Maa is harmless oek, issit ie, het ek gedink. It is net mense met baie tyd of baie geld vi wie abstract dinge soe baie weight dra. Soe het ek gesit en try om yt te figure of social media en miskien net die internet asse whole bad fashion offe plane vol fire risks is 10 000 voet op innie lug.

Miskien issit eintlik maa net omdat ek myself gevang et die dae mis wat mense ammel net photos van hul kos en hul beste dae op social media gesit et. Voo ammel beslyt et hulle moet hul two sent by add by elke hot topic voo hulle anbeweeg na die next hot topic waaoo hulle oekie rêrag omgie oo nie.

Miskien was ek maa net moeg van ammel wat gloe hul stemme moet gehoor wôd tewyl ek dink net soes ammel nie net hulleself moet wiessie, soe moet ammel se stemme nie gehoor wôtie. Wan meeste mense praat net klomp nonsense en meeste mense sal benefit daa yt om soes ienagge iemand annes behalwe hulleself te wies, wan hulle “self” is horrible mense, wie inne apathetic way sal side met elke cause wat hulle dink vi hulle die moral
upper hand sal gie.

Of miskien issit rêrag maa net omdat ek gevoelit die noise in my kop is genoeg op sy eie, en ek need’ie anne mense se noise asse backing track ie. In either case, het ek nie die photo ge-post ie. En ek het net die hele ding stop gesit, sône ienagge announcement van my Facebook retirement. Net quietly getry om trug te beweeg na my self toe, trug in myself.

Ek wiet it maakie eintlik nou mee ’n difference ie, maa it maak ’n difference vi my. My dogte sallit appreciate as sy groot is. En ek appreciate my eie thoughts nou meer, noudat it wee net an myself en die mense wie my ken behoot. En ek wiet, dai Google algorithm ken my sieke nou al soe goed dat it my net kan ankyk en wiet wat ek dink, maa dais okay, wan ek dink mos een ding dan doen ek ’n anne ding.

Meer oor:  Sypaadjies  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.