Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Pandemic et ytgebring wie jy rêrag is, onthou

Wie sal gedink et ôs sal eendag trugkyk, sug en vra, “Onthou julle die goeie ou dae? Toe al wat ôs gehad et om te worry oo airplanes was wat ytie lug yt vedwyn et.” Swaa om te dink dai was in 2014, wat Malaysia Airlines Flight 370 vedwyn et. Ek dink daa an wan ek dink is daa wat die wêreld rêrag begin weird raak et vi my.

Maa wie sal gedink et ôs sal trugkyk nostalgically na Ebola, wan dai wasse virus wat sy plek geken et. ’n Virus wat ytgehou et daa vê by unknown Afrikalande. Met Ebola het jy gewiet, assie ding ruk dan moet jy net yt Afrika yt kom. Europe of America wassie antwoord vi al life se ills. En virre lang tyd het South Africans gedink ôs is Europe en America se swat tjommie. Dai fairytale is oo. Nêrens nou mee om te haloep ie. Is swaa om nou te onthou, maarie wêreld wassie altyd soe ’n terrifying plek ie. Of wassit? It was probably. It seem maa net meer terrifying nou, wan Syd-Afrika is biesag om oo sy identity crisis te kom. Europe en America is biesag om te crumble en nou besef ôs van vooraf ôs isse third world land. Ôs is part van Afrika en nieman gie om oo Afrika nie. Nie ees South Africans ie.

Is worse vi ôs, ’n generation van socialists, democrats, libertarians, Marxists, nihilists of al die goed wat jy eeste jaa op university geleer et van, wat nog altyd net een brand van terror experience het: violence. Die konsep vanne microbe wat millions infect is te veel om te process.

Violence los bloed ennie destruction is obvious en clear. Maa, ’n ding wat innie lug hang soese inappropriate joke, hang swaa. Is swaa om kwaad te wies vi iets wat jy nie kan contextualise ie. Die com­rades oppie frontlines kannie organise omme plan van aksie vi resistance te stel ie. Ôs kannie die workers bymekaa roep en inform oo hulle rights ie. Ôs kannie ’n hashtag begin virre virus ie, wan ôs soek ie ’n viral virus ie.

Ons kannie hungerstrike of sit-ins doen nie, wan die ding wat ôs nou tien baklei, se main enemy is om iets te doen. Om iets te doen kan ôs doodmaak. Daa issie petitions of posters om te maakie. ’n Photo gannie die turning point innie onruste vasvang tussen burning tyres tewyl die hero vannie resistance ’n power fist innie lig gooi nie. Hie issie ’n poster child ie. Unless jy ’n photo wil vat van die wit oumatjies oppie airport wie meer toegedrai is asse vroue refugee vanne war torn Muslim land.

Hie issie hidden meaning ie. Hie is net mense wattie wiet wat angan ie. High definition TV screens en live streams vol information wat ôs innie galleries van ôs vol minds prop. Presidente en world leaders wat either hyl en sad lyk tewyl hulle speeches maak, of annes wat hulle hele lande saam mettie covid 19 van hul hanne af was.

Tussen ie memes oo quarantine, boredom en apocalypse TikToks, sit ek en try om pace te hou met my deadlines en nie kwaad te raak virrie xenophobes en racist dompas comparisons wat gemaak wôd ie. Ek check in op my vriende en try om alles te lies wat ek kan. Ek maak tyd in my dag om mense wat panic buy te haat. Ek remind myself dat as die eendag oo is, ennit gan eendag oo wies, dat ek heeltyd mense moet remind dat hulle gepanic buy et. Wan as jy soes dai vrou was wat ek gesien et met al die Sunlight siep in haa trolley loep, moet jy innie spieël staan en kyk elke dag, en onthou dat die pandemic vi jou ytgebring et wie jy rêrag is. En wie jy is, is ieman wie willing is om te survive at die res van ôs ammel se expense. Ek coin nou somme ’n niewe term: Panic Buyer: Iemand wie ’n selfish scumbag wôd in tye van crisis. Bv. John isse panic buyer, hy het die Nazi’s lat wiet waa sy ouma wegstiek soedat hulle sy liewe moet spare.

But, soes met alles as ek nie mee wiet wat om te doen nie, dan kry jy vi my waa ek salvation soek innie woore van dooie skrywers, wan skrywers wat liewe kannie prophesy ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.