Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Rainbow Nation is ma’ een van donke’te

Laataand, hie rondom ten o’clock hoor ek ieman staan en roep byrie voohek. Dai sit my al klaa innie vekere mindset, wan ek ken nieman wie soe laat op my dee kom kloppie. Dai sit my innie mindset waa ek jou vra wat jou problem is sône om ees te hoor óf daa even ’n problem is.

Eintlik moet jy nie an my dee komp klop ná drie-uur ie marrag unless ek jou ken of unless jy iets kom deliver nie.

Ek maak ie dee half oep, en gie ’n kyk wat double asse question. Byrie dee staan ’n dude mette cap an, enne mask oo sy mond, maa ek kan sien an sy build en wat ek kan ytmaak van sy gesig hy is about my oudedom. Op sy arm sit ’n klein meisie, mette Barbie rugsak op. Langs hom staan sy girlfriend of vrou, oek mette klein meisie op haa arm. Die kinnes hettie masks oppie.

Die dude try om vi my te explain dat hulle tot hie ge-hitchhike et heeldag, en dat hulle nou ’n vyftag rand gekry et by ieman, maa is laat . . . ek follow nie. Half omdat die storie jumbled is en half omdat it swaa is om te hoor wat hy sê dee sy mask. Maa oek omdat ekkie rêrag wil wiettie. Toe die mense geklop et oppie dee het ek klaa beslyt dat whatever it is, ekkie involved gan raakie. Ek het sy storie ge-pause en gevra dat hy moet skip narie part vannie journey waa ek inkom.

Hy het gewonne of ekkie wiet vanne plek waa hulle venaand kan slaap ie. Hy’t bedoel hulle wil wiet of hulle venaand in ôs hys kan slaap. Is toe wat ek die coldest move maak. Ek sê ek kannie mense hie lat inkom ie, die plek behootie an my nie (wat waa is.) Ek sê ek kannie hom ienagge plek stuu nie wan ek kennie rêrag die mense hie nie (wat waa is.) Ek sê hie is klomp kêke in die plek gan vra by een vannie kêke. Als waa en goed. Is afterall die City of Saints, maarie saints in dié plek het oek hie angekom innie mirrel vannie nag. Niks mee saints hie nie. Ek sê eintlik, hie vat die vague idea vannie kêk, wat ekkie reg oo gedink et ie. Iets wat ek probably gesien et in Les Misérables. Asof ôs altwie nie wiet die kêke se deere is styf toe geslyt ommie nagmaal crockery safe te hou nie. Asof daa altyd ieman byrie kêk sit en wag in case ’n familie vebykom wat stranded is.

Die maklike ding sal wies om te sê, isse pandemic. Dai kinnes hettie ees masks oppie. En ek het twie kinnes wat hie by my bly, een met asthma. Maa dai’s ie rêrag die riede nie. Wan as dié mense was wat ek gekennit sal ekke kame lieg gemaak et, en gesêrit julle bly daikant en ôs bly die kant.

Awkward maa safe, en slaapplek virrie laities darem. Is ve’al die laities wat jy slaapplek voo wil gie. En as jy ’n ouer is, issit ve’al die laities vi wie jy slaapplek voo soek.

Maa ôs bly inne land waa jy as jy die laaste een is om yt te vind vannie homeless ma en pa mettie twie laities scam, dan issit jou eie skuld. As jy val virrie man wat langsie pad in sy eie bloed lê en jy stop om hom te help scam, issit jou eie skuld. Ôs bly inne land waa jy allie angles moet kan sien, totdat jy die wêreld dee ’n kaleidoscope kyk. Wan jy willie die een wies as jou familie seekry, moet jy wiet is jou skuld ie. Jy willie vi jouself sê later, ek moes van bieter gewiet et ie.

It vat tyd, maa daa kom sit ’n donkete op jou. Jy maakie dee toe voo ’n familie wat jou help vra, as hulle weg is bel jy anyway rond en hoor of iemand kan help.

Maa jy sê vi jouself die mense behoot mos van bieter af wiet as om help te kom soek by anne mense. Wiet hulle nie watte land ôs in bly nie?

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.