Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Reimagined racism, wat hartsnare roe , sag val

“God vergewe ons baie dinge, baas, maar God vergewe ons nie dinge wat ons ’n kind aandoen nie.” – Fiela Komoetie

Ek wonne hoe dai conversation happen, wie decide kom ôs vat ’n romanticized apartheid storie en ôs remake it virre niewe generation. Net in geval die niewe generation vegiet et hoe unlikable wit mense kan wies.

Sit jy eendag in jou duur flat, furnished met jou racist ancestors se erfstukke, en stare jy na jou oupa se koffietafel en dink, “Wat kan ek vandag doen om callous en racist te wies?” Dan vang jou oeg die ­meid biesag om jou lakens te stryk en dan dink jy, “Hmmm, imagine ’n film oore col­oured . . . nuu . . . kleurling of . . . ja ’n bruin vrou.” Respectful like.

Een mette doekie op, stêk, mettie perfect ratio van pyn tot pride in haa gesig. Een wat bietjie exotic lyk, maa meestal familiar. Een wat jou remind annie antie wat jou grootgemaakit tewyl jou ma biesag was om haaself te vind en jou pa biesag was om geld te maak.

Gooi ’n bietjie general-meid vibes daa in: Strong hips, ’n bosom om wit onskuld te beskerm en al jou trane te absorb. ’n Accent wat toeganklik is vi wit mense soedat hulle nie sukkel ommie outdated dialogue te volg ie.

Kry ’n goeie actress, een wat die niewe democracy ennie trane en confessions vannie Truth and Reconciliation Commission sal survive et. Dai sal ’n wit audience se aandag trek, maa omme wit audience se aandag te hou gooi jy ’n blonde wit laitie in. Een vi wie die bruin vrou ienagge iets sal doen.

Maa dan besef jy die storie is klaar vertel. Fiela se kind. ’n Boek en later 'n film, wat vi wit mense geleer et coloured vrouens is into wit laities grootmaak, maa net tien ie cost van haa eie kinnes.

Ampe soes slavery maa in Afrikaans. Dié boek wassie nette run of the mill boek ie, die was ie sentimental boek vir progressives, ’n reimagined racism, ’n racism wat sag val ennie hartsnare roe, soesie bediende die pot mieliemeel starag roe.

Die idea dat ’n coloured vrou net exist binne dai fantasy en somehow verantwoordelik is virrie versagting en troos van white guilt is nogal super crazy.

’n Image wat vandag nog ’n constant is, soes gesteelde resepte en arguments oo Kaaps dee wit intellectuals. In dieselfde way wat wit mans boeke skryf oo gangsters oppie Cape Flats, ennie trauma van mense in die gang infested communities heeltemal ignore. Omdat it vi hulle meer belangrik is om hul perceived intellectual superiority te wys as om te gan sit en dink hoe deeply racist wat hulle doen is.

Wan vi wie issie origin storie van violent gangs belangrik? Virrie gemeenskap wat liewe onne it of virrie wit man wat vanaand Eno drink, sy Brian Eno speel en sy alarm activate voo hy gan slaap?

Die feit dat jy jouself kan remove vanne oppressive regime en history is remarkable, 'n succinct display van power, maa nie surprising ie. It gebee die heeltyd regoo die wêreld. In America gan die film oo slavery innie Deep South mettie inspiring music ennie powerful monologue al ie awards wen. Nie omdat it goed issie, maa purely soedat die wit audience kan voel dat hulle participate innie voortsit vannie narrative.

As die soot narrative sy peak bereik, dan wôd it recycle met academic cred. Dan praat ammel vannie liminale ruimtes, die groot en donker bos enne helse berg. En hyl oo 'n apartheid invented en im­posed identity crisis. Is jy Lukas of is jy Benjamin? Wan jy moet iets wies. Petty apartheid het had gewêk ommie racial classifications te embed in mense psyches.

Ampe soes my pa wat my slaan en dan ees vra “Vi wat hyl jy?” en voo ek kan antwoord skrie hy, “Ek sal jou 'n riede gie om te tjank,” en my vêder en hadder slaan.

Die wit man annie einde vannie dag gebryk altyd sy privilege en hy kies wie en wat hy is. En dit is waaoo it eintlik gan, die voorreg om te kan kies.

Ek vind wit mense wat stories skryf oo coloured mense mostly disgusting. Nie omdat ek gloe jy kan net oo mense met jou eie skin tone skryf ie. Maa omdat jy moet skryf oo wat jy ken, en wit mense kennie vi ôsie, al dink hulle soe.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.