Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Rick Grimes se eye-opener voel baie soes ‘Just like me!’

Ek might die laaste pesoon op aarde wies wat The Walking Dead begin kyk et. Maa twie wieke en tien seasons later is ek up to speed. Is worth mentioning dat behalwe virrie eeste season is die res vannie seasons ammel omtrent 16 episodes lank. En on average is ampe elke episode more or less ’n uur lank. Die isse klomp tyd om TV te kyk. Maa dai is maa net hoe ek is, ek kan vi maande niks annes doen behalwe wêk ie. Dan êrens innie mirrel van alles, gan my mind net involuntarily off-switch. Dan kyk ek heeldag, elke dag TV. Die is irrespective van ienagge iets annes wat might angan in my liewe, regardless van deadlines en obligations. Ek kannie ees sê wat my lat beslyt et om The Walking Dead te begin kyk ie. Wan it is strictly die type van ding waavan my skoonbroe my gan vra, “Het jy al The Walking Dead gekyk, meneer?” Dan gan dai harmless question vi my soese unbearable burden voel. Wan ek is completely nie interested ie. My skoonbroe is vi my soese algorithm, as hy van iets hou, wiet ek ek hoefit ie te kykie. En gewoonlik kyk ek rather een van dai Korean series op Netflix, wat about 800 hour length episodes per season het. It het sieke vi my gevoel soes mood music virre pandemic. It is after all ’n show oo ’n pandemic, wat mense in zombies ve’anne.

Maa ek kyk it toe, en daa kô meet ek vi Rick Grimes. Rick Grimes issie ou innie stuk van The Walking Dead. Die series begin met Rick wat sy familie soek. Lang storie kot, Rick isse sheriff wat innie coma gegan et net voo die zombie apocalypse begin et. Wanne hy wakke skrik yt sy coma gloe hy sy familie moet nog liewe en hy gan soek hulle.

Baie van die series gan oo dai, oo faith. Faith in humanity en faith in mekaa. Gewoonlik sal goed soes dai my net ophou iets lat kyk. Maa in The Walking Dead is dai altyd die pesoon wat eeste doodgan. Die een wat dink humanity kan bieter wies as wattit is. Rick Grimes isse dog, maa hy beginnie soe ytie. Innie begin is hy heeltyd confused, en try heeltyd om die honourable ding te doen. Rick Grimes isse idealist, wat rapidly moet adjust anne wêreld wat day by day meer brutal, desperate en cruel wôd. Elke kee as Rick try ommie regte ding te doen, gan dinge vekeed, elke kee as hy sy trust inne niewe pesoon sit, gan iemand wat hy lief voo is dood, asse direct cause daavan. Byrie sesde season maak Rick al watte mens offe zombie is dood, as hulle hom net skief ankyk. Is hie wat ek rêrag vi Rick begin like et. Ek het ampe virrie TV screen geskrie, “It’s me! It’s just like me!” met trane in my oë.

Die waarheid is, The Walking Dead het vi my gevoel ek kyk die storie van my liewe. Ek het vê meer relate annit as wat ienagge mens anne zombie stuk moet relate. Ennie waarheid is, die eeste season was genuinely goed vi my, maa ná dai hettit begin voel soes my liewe soms voel, soes iets wat on drag, vanaf een adversity narie next. Maa dai het my net meer lat relate. It is oek een van dai series waa jou favourite characters heeltyd doodgan.

Ampe soes in real life, maa in real life disappoint jou favourite mense jou, en dan beslyt jy hulle is dood vi jou. Ek doen dai, anyway.

Maa jy voelit nogal assie mense doodgan. Wan isse lekke cast, lekke diverse. Asians, swat mense, Mexicans, gay, straight, ou mense, jongmense, ammel is daa. En hulle maakit ie weird ie. Die laaste season van The Walking Dead is nou ommie drai.

Dai gan 24 episodes wies. En ek hoep sincerely dat die low tide wat oo my hang nog bietjie langer hang. Wan assit lift en ek voel wee soes myself, en wôd wee productive, might ek myself vra, hoekom kyk ek die rubbish? En as dai gebee gan ek vegiet van The Walking Dead, angan met my wêk en nooit ytvind of Rick die apocalypse survive ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.