Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Secretly voel ek nie sharing is caring ie

As jy grootwôd inne massive familie assume ammel, jouself included dat jy iemand is wat baie maklik is om saam mee te liewe. Jy assume jy hou van rondom mense wies. Asof ses kinnes, een ma, twie klein kinnes, skoonbroes, 'n random antie en at least een niggie of niefie wie se ma vê bly in een twie-vetrek-plekkie maak dat jy meer van klomp mense rondom jou hou en nie minner ie.

Met twie vetrek bedoel ek eintlik 'n een vetrek, mette goedyn wat arbitrarily placed is om die illusion van twie spaces te create.

Despite die lack van privacy waa­mee ek grootgewôd et het ek myself surprise ná 'n period van self-reflection, om te discover dat ek 'n self-isolator of note is.

Ek was surprised om yt te vind dat ek ienagge sense van personal space en boundaries kan oo het, ommie waarheid te sê. Wat my nog meer tyd gevat et om te besef, is die degree tot wat die ability om myself te detach van alles rondom my my help om te cope met modern existence.

Vi my in some ways liewe ek innie beste tyd wat ek kan gevra et om te liewe. Orals rondom my sien ek net social anxiety, over-stimulation, assimilation, die constant aanslag van information. En meeste van ôs wôd overwhelmed en ytgeput daadee.

Jy moet heeltyd jou status update, 30 minute wag vi jou Windows update om te install, jy moet sieke maak al jou devices is ge-charge in case van load-shedding. Kyk wat jou kinnes kyk op YouTube, jouself convince dat jou kind se Baby Hazel-video’s nie vi jou creepy issie.

Maa tussen al die mense wie genuinely suffer en briek onne die pressure van modern tye is daa mense soes ek, mense wat specialist training ontvang et in jou space is my space, jou bôd kos is my bôd kos, jou niewe Adidas jacket is my niewe Adidas jacket.

Maa secretly het ek nooit gevoel sharing is caring ie. Ek het gedink sharing is sharing en caring is oversharing.

Ek issie soot mens wat gloe 'n mens moet soe eenkee per maand afvat en bytekant toe gan. 'n Inversion van mense wat me-time vat. Al my tyd is me-time, en wat oo is deel ek mettie wêreld. Ek dink somtyds an vriende wie ek nooit sien nie, en hoe hulle moet sukkel. En dan voel ek lus om vi hulle te sê create vi jou ? twie vetrek in jou mind en exist in dai space. Populate et met grootmense wat soes klein kinnes behave. Klein kinnes wat heeldag skrie en in circles haloep. Kry vi jou 'n hond wat heeltyd innie hys kom om sy vlooie af te krap enne kat wat heeltyd try om innie kos pot te krap. While jy daa is, install vi jouself 'n TV wat jy nooit kykie, maa wat heeldag kliphad speel. Music wat boe-oo die TV se geraas speel.

Gie virrie mense iets om elke derde dag oo te baklei. Maak kos, te min kos vi ammel. Staan voorie pot en sê vi jouself, orait wie gan kyk en wie gan iet. Sitte electric meter in wat altyd staan op 3.5 units. Enne stove wat net een plaat het wat wêk. Sien jou ma en sustes hulle hare ytblow oppie warmste dag vannie jaa. En voel hoe die swiet plek soek op jou lyf, wan daa is te veel daavan.

Ek het opgegroei innie ou wêreld, lank ná die niewe wêreld begin et. En issie ou wêreld wat my prepare et vi elke soot pressure. Issie ou wêreld wat my geleerit jy kan jouself soe diep begrawe binne jou mind, dat jy rondhang soes een wie catatonic is. Ek is orait rondom klomp mense enne wêreld wat in fast forward beweeg, wan ek beweeg altyd in slow-motion.

Ek dink daa an om die vi my vriende te sê wat ek wiet soms sukkel, maa dan besef ek ek sal van my eie eilandjie af moet beweeg, en connect met anne mense.

En dan sien ekkie mee kans daavoo nie. Wan my way van met mense oorie weg te kom is dee myself af te sny van hulle. Al way wat ek kan lyste na hulle noise, is dee hulle op mute te sit.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.