Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Sien die beauty in Christmas se chaos

Niks is meer exciting asse grootmens wie excited raak vi Christmas ie. Veral as jy as kind jou Christmas holiday gespend et mette klomp dronk grootmense nie.

Die mense langs ôs innie pad, my tjommie Bertram se familie, is soese home video van bad tye, elke keer as jy vegiet hoe baie jy Christmas haat, dan hoef jy net vi hulle te kyk.

Bertram se familie is soes die groot winkels, vi hulle begin Christmas al in November. Christmas specials include Bertram se pa wie drink tot hy ’n fit kry en sy ma wie drink tot sy vi Jesus soek om haa te kom velos vannie wyn-gies.

My tjommie Bertram was altyd die tipe laitie wat vi homself groot promises gemaak et oo watte tipe grootmens hy eendag gan wies. Hy het sy adult persona meticulously ytgelê soese pa wat die aand voo sy eeste dag by sy niewe wêk sy wêk boots blink polish. Bertram was deter­mined omme bieter grootmens te wies as wat hy ’n kind was. Asof sy childhood ’n placeholder was vi sy true self. Hy was baie irritated met my teenage self, wat alreeds deerie existential phase was en nou net broadly disenchanted was met als.

Bertram was soese selfhelp-boek offe life coach vi die man wat hy noggie wassie. Daa was iets tremendously admirable omtrent sy houding. Hy het beslyt die township en al die dysfunction wat saam it kom, gan hom nie claim ie. Al was hy al pesoon in sy familie wat it gegloe it. Bertram se ma het elke Christmas dronk geraak dan lê sy oppie veldjie en hyl. Bertram se pa het elke Christmas innie pad gestaan en moeilikeid soek. Jy het gewiet Mr. Andrews is biesag om gemoer te wôd as jy bytekant innie pad hoor hy skrie, “Hokaai, vekere taxi Liewe Heksie!” Dai was sy sêding gewies.

Dan kry Bertram soe ’n ernstige trek oo sy gesig en hy sê, “Eendag as ek ’n grootmens is, gan ek my liewe my eie maak.”

Ek en Bertram het gehou van gatmaak van mekaa se troubles. Ek vetel hom my pa het ôs elke Christmas ytie hys yt gesmyt, en hoe hy ôs een Christmas mette byl gejaag et. Dan lag Bertram net en skud sy kop en sê, “Ja, ou Nathan, eendag gan jy die tyd mis. Jy gannit fondly onthou, jy gan lag vi die. Jy gan wonne hoekom jy nie die beauty innie chaos gesien it ie.” Ampe asof om te vra, “Hoekom sien jy nie die wysheid in jou pa se attempted murder nie. Eendag, ou Nathan, gan jy jou kla lag vi jou childhood trauma.”

Dan kry Bertram soe ’n ernstige trek oo sy gesig en hy sê, “Eendag as ek ’n grootmens is, gan ek my liewe my eie maak.” Bertram het toe nooit sy liewe sy eie gemaak ie, en hy het it nie gemaak tot byrie grootmens wat hy wil gewies et ie. Bertram dra nou permie ’n vyl Bertram’s Whisky sweater soes een wie die wyn fabriek own. Hy syp elke dag asof it Christmas is, asof hy nie môre hoef op te staan vi wêk ie. As jy nou vi Mr. Andrews innie pad hoor skrie “Hokaai, vekere taxi Liewe Heksie!”, dan wiet jy is Bertram wat biesag is om sy pa in sy moer te slaan. Maa it vat niks weg an Bertram ie, wat hy daityd gesêrit staan nog altyd. En as hy lekke gesyp raak en hy kry my langs ie pad, sit hy sy arm om my nek, en sê: “Nathan, my vriend! Kom hie, my vriend. Moet nooit soes my wôtie. I let the trials and tribula­tions and circumstances get me down. Geniet jou liewe, my vriend, and Merry Christmas and a Happy New Year.” Soe sê hy vi my in October al.

Daarom try ek elke festive season om bieter te wies as wat ek was. Ek try nader an myself te wies sône die scars. Ek try ommie grootmens te wies wat ek sou nodig gehad et toe ek ’n kind was. Ek lat my kind die hys vol tinsel en Christmas balloons mors en kyk al die Disney Christmas Specials saam met haa. Ek los die impending dread en die state vannie wêreld in my teenage self. Omdat, net soes Bertram predict et, sien ek oek nou die mooi goed raak.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.