Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: So issit moeilik om innie festive gees te kom

Hie in late October en early November issit altyd nice ommie waatlemoen ennie Coca-Cola specials innie winkels te begin sien. Die lead up narie festive season maak my altyd nostalgic.

En omdat ek minner en minner goed kry waaoo ek nog nostalgic kan voel, moet waatlemoen en Coke maa doen. It seem soms hoe meer tyd anstap en hoe meer die wêreld rondom my veanne, hoe swaader, eintlik hoe meer onmoontlik raakit om alles wat my ees nostalgic lat voel it en somehow less kwaad lat voel it te tolerate. It is my capacity om my skoues te shrug en my kop te skud wat in steady decline is. En as jy die tipe wêk doen waavoo daa nie ’n breaking-up offe summer holiday oppad issie, issit moeilik om innie gees te kom.

Ek onthou ’n tyd wat ekkie kan gewag et vi dai Bobby Hendrix- en dai Mariah Carey-Krismis-CD’s om te begin speelie, wan dai was my cue om my headphones op te sit en my eie music soe had te speel dat my ore voel soes daa klein earthquakes binne in is. Maa ek lyste nie mee music ie. Wan The Pixies het in Israel gan speel en R.E.M. het vi Radiohead defend toe hulle in Israel gan speel it. Noel Gallagher van Oasis praat soese ou ryk wit man en Morrissey haat die Slamse soes môre die heel dag. Is my eie skuld omdat ek my faith in rock ’n’ roll gesit et. It wasse fout eintlik om al my memories in music te stoor.

Ek lyk lyste hip-hop, maa hip-hop maak my te nostalgic, it vat my vêder trug as wat ek wil gan. Rock ’n’ roll nostalgia isse glasie wyn op iemand se stoep by ’n garden party saam mense wiet jy nie rêrag ken ie. Hip-hop is in jou eie jaat sit en bier spill virrie homies wattie mee hie issie.

Ek avoid die wyn wan ek raak te veel overwhelmed as ek dink annie mense wat wêk oppie wynplaas.

Ek gie soms myself ’n break en eindig soe gewoonlik by ’n garden party by iemand se hys wat ekkie rêrag ken ie. ’n Vriend vanne vriend wie oekie rêrag my vriend issie. Ek wiettie ees watte wêk die pesoon doenie, en ek vestaanie hoekom ek awkwardly in sy tyn sit en Castle Lites drink ie. Ek try om nie annie garden boy te dink wanne een van die anne party guests my sootvan vriend se piesangboeme compliment ie. Ek try my beste om nie te veel vyl glase te lat rondstaan ie. En ek try my beste om nie allie fun te spoil dee heeltyd annie cleaner te dink wat môre gan moet kom skoonmaak ná ammel weg is na hulle seaview of contemporary urban spaces toe nie.

Ek kyk die catering trays an mettie half-eaten hors d’oeuvres en snacks en wonne offie mense wattit gemaak it allowed was ommie ekstras hys toe te vat.

Soese coloured ouma, wattie snacks vannie tafel af steel en inne serviette druk virrie kleinkind byrie hys. Ek avoid die wyn wan ek raak te veel overwhelmed as ek dink annie mense wat wêk oppie wynplaas.

Ek try omme goeie wildvreemdeling vi my goeie nie regte vriend te wies en gan sit langs die music centre en try deerie albums te kyk innie hope dat ek gan iets kry wat ek nog na kan lyste. Ek kyk soe dee die albums en besef van vooraf hoe min daa oo is wat ek nog na kan lyste. Ek kom af op OK Computer van Radiohead enne UB40 Greatest Hits.

Ek sit vi UB40 op en gan sit wee innie tyn. Ek dink an hoe lank UB40 se wit lead singer al wegkom dee mette Jamaican aksent te sing. Dai wasse anne tyd toe oppression nog ’n sliding scale gehad et. Nou lê Ali Campbell en Thom Yorke innie selle boks byrie garden party van mense wat net mekaa se usernames ken. Is baie jare se terugkyk wat jy weggooi as jy vi UB40 weggooi.

Maa is festive en ammel smaak om net rond te sit en af te switch. Ammel wil hê jy moet relax en nie soe altyd diep wil raak ie. Ammel sê vi jou jy moet try omme lekke tyd te het. Maa ek gannie. Ek dink ek gan try ommie worst tyd possible te het. Die soot waaoo jy lag as jy eendag trug kyk.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.