Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Soe baie om te sê, maar jy willie die trein mis ie

Ek stap eendag innie Kaap, oppad stasie toe ommie trein te vang. Net voo ek afgan byrie escalator stap ek in Bennie vas vi wie ek vyf jaa laas gesien et.

Ôs skrik altwie wan ôs was beste vriende regdee high school en ôs het langs mekaa gesit oppie skoolbanke. Soes ôs afgan byrie escalator en innie mirrel is van ôs mutual amazement, kom daa ’n stem van agte ôs wat sê, “Is mooi om te sien julle twie is nog altyd vriende.”

Dai is te veel vi ôs, wan it is Marlene wie voo ôs gesit et op skool. Ôs drie was vriende dee high school, sy het in elke klas voo ôs gesit. Ek en Bennie het haa ytie wêk yt gehou. Ôs het ammel mekaa vyf jaa laas gesien. Contact veloo toe ôs klaa was met skool.

Die moment is disorientating vi my, wie bound is ommie meeste daavan te maak. Hoekom ek soe sê, ek is iemand wie altyd vi meaning en order in goed soek. En drie vriende wat ná vyf jaa randomly meet oppe escalator het fate scribbled all over it.

Die is dai moment wat ôs dai rock band begin wat ôs op skool van gepraat et. Die is die storie wat ôs oo en oo innie press gan moet vetel. Die is dai moment wat elkeen van ôs dai een ding het wat die annes need. Ek wiettie wat hulle need ie though, wat ek need is meaning enne sign dat alles nie soe relative is soesit voel ie. Ek need om te voel destiny ken my naam en kyk yt vi my. Wan ek is al vyf jaa klaa met skool en ek het nog niks achieve met my liewe nie.

“Here’s your brand for one rand, jou Marshmallow, jou Sweetie Pie jou Chocolate Log jou Pom-Pom.”

Die escalator het niks regard vi fate ie though. Die escalator seem asofit opgespeed et, en ek en Bennie skrie boe oo mekaa vi Marlene en try om te explain hoe unusual die meeting is. Try om te vedydelik dat ek en Bennie mekaa nounet hie byrie escalator gemeet et.

Either Marlene vestaanie wat ôs sê nie, of sy dink die is presies die soot ding wat ek en Bennie on the spot sal opmaak net om te mos met haa, wan dais hoe ôs was op skool. Daa is soe baie om te sê, ennit voel unfair om vyf jaa af te rammel soese lys wan ammel is oppad omme different trein te vat oppe different platform. Ek voel rushed, en ek wil hê die significance van die meeting moet rush om my te meet, voorie moment pass. Marlene is klaa biesag om in haa eie rigting te drai en te wai vi ôs asof sy ôs môre wee gan sien byrie skool. Bennie maak ’n joke en lag kliphad vi sy eie joke. Marlene skrie, “Joh Bennie, het jy nog altyd dai griewelike lag!?” en beweeg yt ôs reach yt.

Ek kyk op narie bôd om te kyk of my trein al oppie platform is. Ek sal dai trein gemis et, omme bietjie tyd te spend met mense wie ek jare laas gesien et, maa dan moet jy êrens gan sit en iets iet of koffie drink, en ek hettie koffiegeld ie, ek het barely trein fare. En anyway, jy willie die trein mis ie, wan later is dai treine propvol en gevaalik. Ek sê it vi Bennie dydelik.

Ek kry my trein en daa sit ek en hou die man dop wat deerie carriages stap en lekkes en goed vekoep. “Here’s your brand for one rand, jou Marshmallow, jou Sweetie Pie jou Chocolate Log jou Pom-Pom.” Soe skrie-sing dai man tewyl ek sit en try om yt te figure wattit mean as drie vriende mekaa meet oppe escalator ná vyf jaa. Ek gie gou op though, wan ek wiet it mean niks. En as ôs moet êrens gan sit it en praat it oo old times, sal ôs probably ná tien minute yt goed geloep et om te sê.

’n Chinese poet het êrens gesê, “Life is not made for meetings, like stars at opposite ends of the sky we move.”

En is swaa om daatien te stry, soe somtyds issit nice om te voel die stars align, it lat ie wêreld kleiner voel.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.