Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Soek virre visbakkie vi vars snoek tien anxiety

Toe ek nou onlangs in die Kaap was toe sien ek my ou vriend Shamiel.

Ek en Shamiel gaan way back voo hy sy eie business begin et en voo ek betaal was om te skryf. Al difference is dat while Shamiel se success hom yt die ghetto yt gevat et en hy virtualy niks contact het met sy ou liewe nie, ken ek net een pad hystoe. My eeste mission toe ek terug in die Kaap was, was om te skarrel vi soutvis en my skoonsustetjie Ali te vra om yt te kyk virre visbakkie vi vars snoek.

Shamiel lyk exhausted, ôs drink ’n bier en ôs conversations gan van gat maak na using meditation om jou kind te discipline. Hy vetel my dat hy nou onlangs therapy begin et, omdat hy begin nightmares kry et elkekee as hy TV kyk. Ek het getry joke oorit en gesê, die TV gie my night-mares en ek hettie ees ’n TV nie.

Hy vetel my dat hy een aand ’n documentary gekyk et, een van dai Attenborough nature series, toe overwhelm it hom soe erg dat hy al die vleis in sy fridge uitgehal et en inne boks gepak et, soes ’n serial killer wat trophies hou. Sy vrou het die nex dag vi hom dokte toe gevat en die dokte het gesê it is acute anxiety. Die tipe anxiety wat glad nie cute issie. Die type wat mean jou anxiety het anxiety.

Ek kyk vi Shamiel en realize sy stress issie die fact dat hy mette mental health disorder ge-diagnose issie, dis die fact dat hy nou forced is om al die niewe goed te lee oo homself. Is soes ieman wat liewe at sy eie pace sy liewe lank en dan eendag innie slipstream vanne niewe narrative ingeswallow wôd. Ek wiet Shamiel wil old school gan met sy anxiety, jy gan dokte toe, kry jou pille, jy gloe wat die dokte sê. Jy het faith in wat die dokte sê en jy kry jou anxiety down tot oppe level watte bier oppe weekend die edge kan afvat.

Shamiel is al pesoon met wie ek close gebly et ná skool, maa hy was al een wat ek nie gerecognize et oppie photo nie.

But nou kan Shamiel nie terug gan na daityd ie. Ôs liewe in ’n tyd wat jy constantly die edge moet ansit en ammel is yt om floppe te maak. Soe jy kannie trust wat ienagge iets en ieman sê nie.

It is swaa somtyds om te onthou dat Shamiel soe swaa groot gewôd et. Ek het onlangs ’n ou photo van ôs saam gesien, ’n photo van ôs sub A-klas van decades ago. Shamiel is al pesoon met wie ek close gebly et ná skool, maa hy was al een wat ek nie gerecognize et oppie photo nie. It het my ’n wiek gevat om hom yt te maak oppie photo. Well nie al een nie, ek kan myself oekie gereconize et ie. It issie net dat ôs klein wassie, it is dat ôs underfed en shell-shocked gelyk et. Ôs poverty over-emphasized soes characters inne bad film. Die soot wat die bad guy heeltyd bad is.

Die poverty was een ding though, die anne wassie violence. Ek hou van Irish literature lies, ek relate altyd an die poverty, waa ek altyd ophou relate, is assit kom byrie violence. In Irish novels gan mense dood vannie koue, in Syd-Afrika gan jy dood vi sport. Archery of fencing.

Ek wens ek kan vi Shamiel sê ek wiet hoe hy voel, wan ek wiet hoe hy voel. Maa dai issie my style ie en it issie sy style ie. En als moet mette style gedoen wôd, annes het jy nie lyn ie. Instead complain ek oo goed wat my nie rêrag pla nie. Ek sê vi hom ek is moeg van mense wat sê hulle het cancer gebeat. It lat my sleg voel virrie mense wie tien cancer veloorit. It lat it klink vi my asof as jy net genoeg geprac­tice et en had genoeg gewêk it, dan sal jy oek cancer kan gebeat et. Shamiel sê hy dink hy en sy vrou gan divorce, sy kannie mee deal met sy crazy nie.

Shamiel sê vir my hy is sorry ek gannie snoek kry nie, ek lag en sê vir hom hy moet hom ’n wit meisie kry. Hulle hou van mans met cute anxiety disorders.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.