Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Soms is wat jy nie hettie die beste ding . . .

Ôs is nou al vir jare sône TV, soe toe ek onlangs inne winkel lyn staan ommie internet bill te betaal, was ek fixated op een van dai instore TV sets wat altyd an is innie winkel.

Ek het besef hoe lanklaas ek ’n krismis commercial gesien et, it het my lat terugdink an al die ads wat ek al gesien het. Die laaste een wat ek kan onthou, was dai MasterCard commercials, “There are some things money can’t buy. For every­thing else, there’s Mastercard.” Ek try om te dink of dai type of consumerism ooit my in ienagge way affect et, behalwe dat it ’n constant reminder was van wat ekkie hettie. Ek dink it het my gewys dat ie wêreld altyd daa byte is, iewers vê weg van my af en dat ’n mens jouself nooit moet lat flous dee wat jy nie hettie, soms is wat jy nie hettie die beste ding.

Ek staan innie lyn en wag vi my turn, ek smile virrie cashier wat exhausted lyk, maa hy sien my elke maand soe hy kan klein bietjie meer relax wan hy wiet ek gannie my vinges oppie counter begin tap wanne die system lank vat om te load ie. Ek vra vi hom of hy heel December wêk? Hy sê ja, hy gannie hystoe vi krismis ie, wan sy familie is religious en lat ie sy boyfriend toe saam hom ie. Ek sê hom dat dai sad is. Hy sê ja, is maa hoe it is, sy familie issie tien die relationship ie, hulle willit maa net nie sien ie. Ek vra vi hom of hulle alternative planne gemaak et, toe sê hy ja, hulle het beslyt hulle gan hulle eie krismis tradition start, wan om te try om in te fit is te stresvol.

Ek wil eintlik vi hom sê nuu, gan hystoe. Gan hystoe vi krismis en sê vi jou ma en pa, en uncles en dai antie wat nooit haa gevriet kan hou nie, sê vi hulle it is warrit is. Soesie meisie wat mettie lyf hystoe kom en ammel sal maa net moet bykom.

Mense, veral self-righteous familie, hou van pretend om shocked te wies, soes mense wat die heeltyd die woorde horri­fied en mortified gebryk om te beskryf hoe erg hulle iets gevoel et, maa hulle hettie iets erg gevoel ie. Hulle sê net soe omdat ’n mens se response altyd die actual ding wat gebee moet ootref. Is soes om emojis te gebruik maa met woorde.

Soe, assie niggie pregnant hystoe kom, skud almal hulle koppe, maa nege maande later vryf ammel die niewe baby se winde yt.

Ek wil vi hom sê dieselfde mense wat vi hom soe sleg treat, is dieselfde mense wat die rapist in die familie vegiewe, hulle level van outrage is equal an hulle level van complicity en hy moenie veskonings maak vi hulle nie. En even die woke familie, wat al die regte woorde en diagnosis het vi die wat minner educated is, stuu hulle oek in hulle moer wan hulle redelikheid is gelyk an liberal lip service. As jou boyfriend nie welkom issie, moet die wat soe wakke is sê, krismis is cancelled. Hulle moet sê ôs gannie saamspeel ie.

Ek wil vi hom sê hy moenie down wiessie, netsoe vinnag soes dinge vekeed loep, soe vinnag loep it wee reg, maa ek sê nie vir hom dai nie wan ek wiettie hoe it issie, ek het in my eie way ’n plek gevind en ek wiet wat om te maak assie wêreld te wit en te violent raak. Ek is die heeltyd bewus van my privilege in dieselfde way wat ek bewus is van my velkleur, van hoe ek praat, van waa ek vanaf kom.

Ek moet myself remind om nie kwaad te raak innie winkel wanne die security my agtevolg ie of wanne ’n wit vrou dink ek is die trollie guard ie, maa ek kon nog altyd totte extent myself wies. Niemand quote vi my heeltyd yt die Bybel yt en remind my dat ek hel toe gannie. Niemand is weird as ek my vrou se hand in public vashou nie en ek issie aan die receiving end vanne lang lys homophobic slurs wat rondom elke braaivuur rondgegooi wôtie.

En ek kan racists yt my liewe yt sny, soes krismis TV commercials.

Meer oor:  Sypaadjies  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.