Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Soms need mense ’n pause en ’n applause

Ek sit nourie dag inne meeting mette paa colleagues, ôs moes ’n party beplan vi een vannie groep se birthday. Mense sal dink, ek issie die type wat inne meeting sal wil wies waa ieman wat ekkie rêrag ken se vyftagste birthday party beplan wôtie, but as ek heeltemal moet honest wies, ek wou exactly in dai moment net daa wies, wan ek kennie soe baie mense wat lank liewe nie, ek ken nog minner grootmense wat wêk enne klomp colleagues het wat genoeg van hulle hou om vi hulle ’n party te organize.

Die pesoon vi wie ôs die party plan is een van dai mense wat as hulle ’n pakkie chips oepmaak, by ammel innie vertrek vebygan met die oep pakkie Fritos en vi ammel offer. Meeste mense sê politely nuu, but ek hal altyd twie chips ytie pakkie yt, wan ek is mal oo mense wie se superior function sag is.

Hy lyk vi my soesie type van mens wat as hy byrie hys kom, sit hy ees sy geyser an en gie die kat kos, nog voo hy sy ongemaklike wêksklere yttrek. Iemand wat self drie steps agte homself stap yt respek vi anne mense wattie pad deel. Ek admire hoe hy lag as hy praat van sy teenage laitie se mood swings en hoe hulle twie bond dee Rick and Morty te kyk, al hou hy nie much daavan nie. Ek vetel soms vi hom ek relate an dai, wan ek kyk Disney’s Descendants saam my kind en soms practice ôs superhero poses saam.

Maa te veel small talk gie vi my palpita­tions, soe som dae gie ek vi hom nette “yep” enne “is warm/koud ja”. Vandag though is ek baie eager om saam sy birthday te beplan, wan ek voel soe, ek voel soms mense need ’n pause en ’n applause. Issie maklik om nie die tragic einde te sien waantoe humanity op pad issie, soe ek admire mense wie se lightness noggie tied down issie.

Ieman sit vi my in charge van pre-drinks, wat millennial lingo is vir sypery voorie sypery en ek voel skielik offended dat hulle my in charge sit van iets soe negative. Ek complain soe klein bietjie en wôd vinnag promote na birthday cake en party decoration. Omdat ekkie experienced genoeg issie moet ek ie task deel saam met nog ieman, ieman wattie my enthusiasm deel ie. Een van dai mense wat heeldag love en light stuu asof hulle ees vi Cupid gewêk et en nou vi Eskom, but die issie ’n team building exercise ie, die isse happy-wies-vi-een-pesoon-exercise. Soe, ek ignore my party planning partner se eye rolls en diep sugte asof moeite swaader dee ieman vloei as hy al die signs van annoyance in een ges­ture compress.

Ek het langsie birthday man gan sit wat virrie eestekee innie kot tyd wat ek dink ek ken hom, moeg gelyk et.

Die dag vannie party sit ôs ammel innie staff room met lelike party hats, groot goue 50-balloons tien ie noticeboard, ’n tafel vol cupcakes en Salticracks met kaas op enne groot viekantige birthday koek watte photo van Rick and Morty op het. Daar is bier innie fridge vi after-work pre-drinks en meeste mense het presents gebring. Ek ’n boek van Yanis Varoufakis, ieman annes ’n powerbank en ieman wat hou van afshow, het vi hom ’n fitness tracker gekoep.

Na ôs ie Stevie Wonder version vannie happy birthday song twie kee gesing et ennie irritating man van IT al vyf hie, hiep, hiep, piepie, jokes gemaak et, is almal rustig terug na hulle workstations en kantore toe. Ek het langsie birthday man gan sit wat virrie eestekee innie kot tyd wat ek dink ek ken hom, moeg gelyk et.

Hy het sy kop geskud nog voo ek kon praat en net gesê, mense dink ek is ie birthday party type, net omdat ek nice is, but ek issie, ek kannie goed celebrate unless it vi anne mense issie en ek hou nie eens van die Rick and Morty nie, hy tel die leftover koek op en vra of ek daavan wil hystoe vat, ek sê dankie en pak twie stukkies op ’n paper plate, voo ek yt die staff­room ytstap sê hy vi my dankie virrie boek, is nice om iets te kry wat jy nie vewag et ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.