Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Sône bios en CV’s deerie liewe . . .
Foto:

Die bane van elke writer se existence is dai moment wanne ’n editor vi jou vra om gou jou biography en CV te update en te stuu voorie einde vannie dag.

Ek het al lang essays geskryf ’n uur voorie deadline. Ek isse master vannie last minute panic ommie waarheid te sê. Ek kry it altyd gedoen. Maa as ek my bio moet update, stare ek altyd net narie screen soese victim inne hacker film.

Al my writer’s block collect in dai een single phrase:

“Beste Nathan, sal jy asseblief vir ons jou bio update en stuur voor die einde van die dag.”

’n Bio vi iemand wat soe baie dinge geliewe et, is nerve-racking. Moet ek my top-tien artistic achievements insit? Moet ek my een hobby insit? Moet ek sê dat my pa ’n bad pa was? Moet ek sê dat ek twie katte het? Of moet ek confess ek het die English Premier League twie jaa laas gekyk? Ek admire mense wat ’n solid bio oppie spot kan ytkry. My een vriend is into alternative healing en sukke goed, hy sê die key totte goeie bio is om net die essentials te gie. Syne lies, “vegan”, “free spirit”, “writer of poetry”.

Maa ek overthink alles, so ek wietie ees wat die essentials rêrig issie. My bio eindig altyd op soese dense opsomming van achievements wat vi anne mense slightly impressive sal wies. Die goed innie bio issie goed wat jy asse artist self die minste an dink. Die hele enterprise voel somtyds presies soes op skool wanne ammel ôs CV’s moes maak en omdat ek meestal sône ’n permanent adres was, het my CV altyd net in template vorm gebly.

Wat ôs kom byrie wêk, sê hulle ôs kan maa ammel daa sit innie foyer en wag.

Nou liewe ôs innie tyd vannie mega CV ennie ultimate bio, employers kan nou jou social media dophou en daa op base wie jy “rêrig” is.

Ek dink soms an mense van my parents se generation, wie sône bios en CV’s deerie liewe gegan et. My vrou vetel my nourie dag dat sy in haa teens eenkee haa uncle of iemand se CV moes opgestel et. Byrie deel wat sy opvoeding en skool moes bysit wassit blank. En by sy work experience was daa 30 jaa ondervinding in presies dieselle posisies. Sy vetel my hy moes apply vi sy eie wêk, omdat volgens ie niewe admin system byrie wêk moes alle employees hulle CV’s op record sit.

Sy het hom jamme gekry, wan hy het insist sy moet innie meer oo jouself afdeling sit: “Extremely hard-working and not afraid of a challenge”.

Maa al wat sy kan gesienit, was dat hy al sy confidence innie paa minute wat sy sy CV opgetype et veloorit. Sy het hom probeer bieter lat voel dee te sê niemand gan kan bieter doen as 30 jaa se experience ie.

Dai blank space byrie skool het my somme lat dink an my niefie Roland. Ek, hy, my anne niefie en my suste het gehoor hulle soek mense by ’n fabriek innie Epping. Ôs trek somme toe gou CV’s op en vatte trein Epping toe.

Roland se bynaam byrie skool was Meneer Roland, wan hy het vi vyf jaa in stanned 2 gesit. Nou Roland het heeltyd vi ôs gevra om vi hom te help met sy CV. En ôs was van plan om hom te help, maa elke kee het iemand iets gesê offe joke gemaak en ôs vegiet toe geheel en al van Roland se CV.

Wat ôs kom byrie wêk, sê hulle ôs kan maa ammel daa sit innie foyer en wag. Is hie wat ôs kom ytvind ôs het vegiet van Roland se CV. Roland wys vi ôsie blaai wat hy sy CV somme opgeskryf et. It is net sy naam, in klein skiewe letters innie mirrel vannie blaai, vekeed gespel. My suste en my anne niefie bas nog yt vannie lag, ek kyk net dai blaai an mettie prerequisite vetkol op, en innie mirrel “Roelan”.

Maa ek dink nogal nou, al wassit ’n bietjie light op information, kan ekkie dink dat daa al ooit ’n CV geskryf was waavan jy kan sê it het meer gesê oorie pesoon wattit geskryf et as Roland syne nie.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.