Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Swaakry is free, genoeg om nog ook rond te pass

Ek kannie ’n tyd in my ma se hys onthou wat daa nie een of meer mense was wie saam ôs geblyritie tewyl hulle getry et om wee op hulle voete te kom.

It was maa net soe, jy kon by ôs bly vi free en saam ôs swaakry, wan swaakry is free, en daa was altyd genoeg daavan om rond te pass en te sôg dat ammel hulle stukkie kry.

It was somtyds vriende van my ma, maa meestal familie. My ma se jonger sustes, hulle babies, ’n antie van my ma wie haaself yt ammel se hyse yt complain et, wan sy wassie soot wie complain et as iemand te had gepee et innie toilet.

En dan was daa vriende soes Kleintjie, wie nie supposed was om vi free te bly nie en wie depend et oppie feit dat coloured mense gou vegiet hoekom hulle jou laas ytgefok et yt hulle hys yt, even though die riede altyd dieselfde was, hy het net die eeste ennie vyfde wiek wat hy daa geblyrit onthou om sy board te betaal. Die res vannie tyd, voo en na dai het hy lekke gevriet tewyl die hys mense sukkel, en meantime die geld ytgesyp wat hy hulle skuld.

Boarders het altyd ’n special degree van privilige enjoy, wan daa was gegloe die hysmense se problems issie die boarder se problems ie, die boarder betaal om daa te bly. Ek was altyd fascinated deurie feit dat ’n boarder se kos altyd innie aane innie lou-oond vi hulle gewag et om yt die wêk te kom en dat ’n boarder se broodblikkie wat hy saam hom wêk toe vat, altyd vet gestaan et, vannie brood en die lekke goed oppit. Wan daa was dae wat jy net gesit et en die kombyskassie dophou en gedink et as jy lank genoeg kyk, dan gan daa ’n brood yt jou oë spring.

’n Boarder hettie good-life geliewe, wan jy kan net board as jy wêk, en ’n mens wat wêk deserve sy brood, enne mens wat sy rent betaal moenie vra na goed wat vi hom of haa toekom ie, it moet net daa wies. Maa dai is nou as alles ytwêk, assie boarder nie ’n gemos is wat saam jou in een hys kan bly en nog altyd somehow soe kan manuever dat jy nie ’n sent yt hom kry nie.

Ôs kom byrie hys, Kleintjie hettie hele hoene opgevriet en die ribbes vi ôs gelos.

Kleintjie het by ôs kom board wan my antie het hom ytgesit omdat hy dronk-dronk haa niewe stainless steel pot swat vebrand et, en toe gan begrawe hy somme haa hele set potte innie agtejaat innie sand, wan hy was te ly om die swat af te skuur en te bang om vi my antie te wys dat hy haa niewe pot vebrand et. Maa die hond hettit gan ytgrawe en dai is hoe Kleintjie by ôs ytgekom et.

Nou, Kleintjie het al tevore by ôs gebly, voo my ma hom ytgeskop et, en hy by my antie gan blyrit en my ma het gewiet Kleintjie wêk, maa Kleintjie wassie sy gattie, en sy het gewiet hy syp te veel, en
likes ie rent te betaal ie, maa sy vat et soe, sy het ses laities mette pa wat padop is, soe gie maa vi Kleintjie ’n kans, sy need die geld.

Kleintjie het eenkee rent betaal, twie kee innie kooi gepis en eenkee in my broe se skoen gepis, maa vi ses wieke sy kos gesoek en complain as daa net tea en koffie was maa niks melk ie. Kleintjie was eendag op leave, en allien byrie hys, my ma hette hele gaar hoene inie fridge gehad, wan sy het te veel gemaak die Sondag.

Die Maandag, my ma is innie wêk, en ôs kom ytie skool, vrek honge, wan ôs gan skool toe sône brood en ôs dink nog heeldag an dai hoene byrie hys oek.

Ôs kom byrie hys, Kleintjie hettie hele hoene opgevriet en die ribbes vi ôs gelos. Kleintjie het ôs net soe gekyk en ek dink hy moet sieke kan gesien et in ôs expressions dat hy gan nou my antie beg vi vegif­nis oo ha potte. Wat as my ma byrie hys kom, smyt sy somme vi Kleintjie yt, somme soe innie vebygang, saamie hoene biene virrie hond.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.