Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Sy is ses jaa; desperate om regte ding te sê

Ek staan met my dogtetjie oppie winkel se stoep en wag vi haa ma om klaa te maak innie winkel. Ôs praat nog soe oo My
Little Pony
wat ek sien die kind se oë raak groot.

Ek kyk rond en try om te sien wat sy sien. Sy ruk my arm en point met haa anne arm. “What is he doing here, daddy?” Ek sê vi haa sy moenie point ie, en maak myself gereed om te explain hoe ’n fantasy character die jump kan gemaak et yt fantasy tot in ôs reality. Die pesoon na wie sy gewys et isse man met dwarfism.

My dogtetjie lies en kyk baie fantasy stories, en dan later as sy properly over­stimulated is, dan moet ek vi haa reassure dat die characters in haa stories net stories is. Nou wil sy wiet waaoo annes ek gelieg et. Is elves rêrag? Bestaan unicorns? En dan kry sy donke gedagtes. Bestaan daa evil wizards soes Voldermort? Bestaan daa trolls?

Ek sê trolls bestaan, maa net oppie internet. Stupid joke, bad timing.

It vat my ’n tien minute om myself daa yt te praat en trug na die supposed lieg oorie dwarves. It vat die hele stap hystoe vannie winkel af en nogge uur oppie internet met photos van little people om vi Seymour te explain dat jy kry mense wie met dwarfism gebore wôd.

Nogge uur om te explain dat daa different soot vorms van dwarfism is, en ek doen my beste om te explain oo growth hormones wat ek niks vanaf wiettie.

Maa die kee point sy nie, en sy compose haaself. It issie selfde klein mens wie ôs laas gesien et.

Ek vat somme die tyd om vi haa te wys dat jy kry mense wie met gigantism gebore wôd, maa dat hulle niks relation het an wat sy oppie TV en in haa boeke sienie. Die is boring mense, nes ôs. Wie kleiner is as ôs of groter is as ôs. Ampe soes my ma, explain ek vi haa, maa nette bietjie korter. Wanne ek sien sy vestaan nou, sê ek vi haa ’n laaste kee, sy moenie haa vinge point na mense toe nie. Ek is bly ek het gedink daa an om gigantism te vedydelik, wan dwarves kan nog gekom et. Dwarves is altyd die hero se sidekick innie films. Maa giants is bad guys across the board. En even soes ekkit vi haa vedydelik kan ek gesienit daa isse stukkie van haa wat noggie heeltemal gereed is om te let go van dai idea nie.

’n Paa wieke later, staan ôs wee byrie winkel en wag. En ek sien wee die kind se oë raak groot. Maa die kee point sy nie, en sy compose haaself. It issie selfde klein mens wie ôs laas gesien et. Maa nou is Seymour gereed vi hom. Sy is gereed vi my. Gereed om te wys hoe sy nie preju­diced is tien klein mense nie. Die eeste ding wat sy sê wil my lat ytbas vannie lag, maa ek hou myself bymekaa.

“You know daddy, they may seem small. But they are highly sophisticated creatures.” As sy ees begin kannie kind ie ophou nie. Sy explain vi my dat dwarves dieselfde human rights het van human beings, wan hulle is ampe dieselfde soes human beings. “Right daddy?” Punctuate elke sentence. Ek consider om vi haa nogge lesson te gie, maa ek dink los maa vi nou, ek sien klaa baie progress, die wiele is biesag om te drai en ek ken my kind, it sal heeltemal sense maak inne wiek of twie.

Wanne haa ma ytie winkel ytkom sê sy baie proudly, “Guess what mommy, I just saw a little person. And they’re just the same as us. Except they are funnier. They have a very good sense of humour. They’re very good at yodeling. As you can see in Snow White.”

It is vi my funny om vi haa te sien try om sense te maak yt mense wie soe unfamiliar is vi haa. Van wie sy soe baie preconceived ideas het. Ammel nice ideas, informed deu die beste intentions, maa preconceived nonetheless. Wat it vi my oek ’n klein bietjie melancholy maak, issie look in haa oë, sy is desperate ommie regte ding te sê, determined om nie offensive te wiessie. Maa sy is maa ses jaa oud, en sy vestaan al same sex relationships, sy vestaan van gender disparity en van transgender mense, sy vestaan race, en dai is klaa meer as wat meeste mense try om te vestaan.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.