Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Sy lat my die liewe inne anne way sien

It issie dat ek nog nooit bang wassie, ek was al baie. Maa fear vi my was soese baadjie wat jy antrek as jy byte toe gan en jy sien die wind wai had. Later assie weer wee ve’anne of as jy wee binne deere is, trek jy dai baadjie yt en dinkie mee annie windjie wat wai nie.

It is ees ná my dogte gebore is wat ek begin dink et an bang wies, wat ek heeltyd begin dink et an bang wies. It is toe wat ek begin dink et an al die stupid goed wat ek al gedoen et.

Ek het altyd gevoel ek is invincible, dat ekke purpose het in life wat my insulate tien alles, soese protection charm. Ek was nog nooit inne bad situation wat ekkie gevoelit ek is meant om yt te kom ie.

Nourie dag toe lê en dink ek hoe ek altyd innie aand yt Charlesville gestap et, langsie bosse veby.

Dai issie jokes ie. Charlesville is okay, een van dai posh arm plekke maa it is wat tussen Charlesville en Valhalla Park lê wattie soe lekke wassie.

Maa dai was my stap gewies annedag. It was vi my ’n tyd om op my eie te wies. It het my tyd gegie om te dink oo goed. Om te stap was altyd my way om dinge yt te wêk in my kop, hoe dinge wêk en hoe ek voel oo siekere goed. It wasse goeie tyd om te speel met ideas. Jy stap nette rigting in en switch vi wie oekal jy op jou mind het an soese record.

Vi my dai tyd sal it Camus of Kant gewies et. Anyway, jy switch hulle an soese record en dan stap jy soes een wie langpad ry, wan isse lang pad op voet innie aand dee Charlesville. Ve’al as jy nie wiet wie vi jou wag annie einde van dai langstraat net soes it in drai na Valhalla Park toe nie.

As jy soe stap, dan depend jy baie op luck. Jy depend op layers van luck. Nomme een hoep jy nieman staan en wag vi jou om veby te kom ie. Nomme twie, as daa ieman staan, hoep jy hulle stiek of skiet jou nie. Nomme drie, as hulle jou stiek of skiet, hoep jy it is oppe plek waaritie rêrag saak maakie, ’n plek wat wee gesond kan raak of wat die doktes yt kan sny.

Jy is bewus van die goed maa jy vat nog altyd jou kanse, dag in en dag yt, jaa in en jaa yt. It issie dat jy dink it kannie met jou gebee nie, jy maak jou mind op lankal it kan met jou gebee. Ek dinkie daa was al ’n bad ding innie wêreld wat ekkie assume et een of anne tyd my way gan kommie. Dai is hoe ôs grootgemaak was, soes For-ever Young, “hoping for the best but expecting the worst”.

Maa soes ek gesêrit, ek het daityd invincible gevoel. Of issit dat ek invisible gevoel et? Dat ek gewiet et ek kan deerie gatjies glip wat anne mense nie siennie. Dat ek altyd ’n backup plan gehad et in case die backup plan fail? Ek wiettie. Ek wiet ek het gevoel ek het goed wat ek moet doen, wat nieman annes seem om te wil doenie, en ek het somehow gevoel dai hou my safe.

Maa nou kyk ek my dogtetjie an, en sy is nou lekke groot al. Ek het nog nooit soe ’n happy laitie gesien ie. En ek wiet ek isse groot part van haa happiness, irrevocably soe. En nou lat it my liewe inne anne way sien. Ek sien ’n value daa be-yond purpose. Wan ek het genoeg gedoen al voel ek om op te hou goed te doen, behalwe miskien omme living te maak vi my en my familie. Maa it is nou dat ek voel my liewe behootie mee an myself ie. En innie selfde way wat ek innie aand my dogtetjie se toys optel en mooi regpak, soe tel ek myself op elke dag.

It bedoel niks vi my nie, maa daa isse klein meisie hie vi wie ek baie lief is en vi haa bedoel it alles.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.