Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Tekkies maakie die defeat-lyne minner . . .

You could’ve been a legend

But you became a father

That’s what you are today

– “Slipping Husband”, The National

Die regte paa tekkies oppie vekere paa voete kan maak dat ’n man sy liewe veloo. Ek het al gesien hoe ’n paa Adidas Superstars ’n grootman inne klein man ve’anne. Die tekkies maak jou hip-hop, en as jy wee sien, het jy jou onne jou vrou en kinnes yt gespring. It begin met dai eeste compliment vanne jong meisie af. “Joh, Uncle Mervin het nogal ’n style,” sê ’n meisie van vyftien, haaself te jonk om te wiet wat ’n style is. Maa dai eeste compliment in veetag jaa gan sit in jou kop en daa begin dink jy jy hettit nog altyd, dai ding wat jy nog nooit gehad et ie.

As ôs jou wee kom kry, sit jy met jou niewe Ray-Bans inne wit Golfie met jou arm wat ytie venste hang mette lang entjie tussen jou ring vinge en jou mirrel vinge. Te cool om te roek soese gewone mens. Daas niks mee van P4 radio innie kar ie. It’s “Who let the dogs out. Woof-woof,” heelpad. Jy sit en bump op numbers, daa met jou niewe personality, wat constructed was rondom ’n paa tekkies, wat jy ees nie wil gehad et ie.

Jy was saam jou kinnes in Street Fever vi hulle Krismisskoene en toe sê hulle vi jou, “Nuu Dêddie moenie soe boring wies ie. Koep vi Dêddie ’n paa Adidas. Daisie fashion. Daisie classics wattie OG’s dra. Dêddie bly met Crockett & Jones.” Toe sê jy ou jeans? “Vi wat sal ek nou ’n ou jeans wil hê?” “O-M-G. ’n OG mean Original Gangster, Dêddie.” “Oh, ek dink it is soese ou jeans.” En dan wôd dai somme die laaste kee wat jy soes jou oudedom klink.

Dai wôd die laaste wat jy klink soese man van sestag. Jy sit jou Wahl byrie hys boe oppie kas en jy gan knip jou hare by ’n barber shop mette over swagged Obamaprentjie oppie bôdjie byte, wan jy hou van hoe die ryk van die baby powder en hair product gan mettie look van jou tekkies.

Jou sensible Casio watch replace jy mette Swatch wat jy op credit vi jouself koep, om te gan mettie L’s in jou niewe valse tanne. En dai car seat beads wat jy gekoep et ná jou jy jou rug seegemaak et byrie wêk wôd replace met Stingray seat covers. As iemand jokes maak oo jou gesinsmotor, sê jy net is orait, daa is lekke lêplek agte in virrie lywe. Al issie kattebak eintlik vi jou vrou se Tupperware-parties wanne julle elke month end moet gan goed deliver, wan sy moet ekstra income generate narie dokte gesêrit jy kannie mee soe baie overtime wêk ie.

’n Paa niewe tekkies annie voete maak ’n man se voete onrustig. It maak dat jy plekke wil stap. Maa ’n man mette vrou en kinnes met sestag jaa oppie klok het klaa ’n padjie ytgetrap wat hy op stap.

Ennie mense op dai padjie, gannie wiet wat sy Adidas Superstars issie. Is soe wat hy begin dink sy ou vriende is boring, ennie kêk is boring, wannie kêk is al tyd wat hy nog sy Crockett & Jones moet dra.

Soe los hy sy vriende, ennie kêk ennie ou mense en gan soek vi hom jong lywe wat vi hom kan sê hy isse OG en hy hette style. En al way hy sy tekkies moeg kan maak, is om te pantsula innie club, en virrie youngsters te wys hoe doen jyrit.

Maarie tekkies kannie die clear defeat­lyne op sy vookop minner maak ie en al dai hip-hop in sy veins gannie die lack of calcium wat hy het vi stêk biene replace ie. En niks gannie feit ve’anne dat sy beste jare agte hom issie. Mettie niewe, jong girlfriend gooi hy ’n veetag jaa marriage innie sea, soe asof sy vrou klaa dood is. Maarie girlfriend sien hom vi wat hy rêrag is. Die club sien hom van vê af ankom. Van wat hy is kan jy ytken an dai spring in sy step, en die way hy dans soes hy by elke dee ytgan: ’n walking disaster.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.