Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Toe sê Pops Shorty kan vi my vat as hy wil . . .

As Pops nugte is, praat hy in Bookman Old Style. Assie wyn begin trek, gan hy ees oo na Curlz MT en land finally op Goudy Stout all caps, bold underlined. Hy praat al in Curlz vanaf ôs ytie Kaap yt is en vetel vi ammel wie wil wiet, en vi die wie nie wil wiettie, “Naai, ek en my boys is oppe jolly-ride, round de peninsula.”

My pa het sy wêk onne ôs ytgesyp en die issie laaste lang trein trip vi ôs saam. Ôs doen die elke einde vannie jaa, ôs jille familie. Pops wêk vi Spoornet, soe die trip kos halfprys. Maa is altyd boring, wan my ma is saam, en my ma is neurotic en strong op law en order. My pa het beslyt virrie final trip voo hy sy wêk veloo, issit net ek en hy en André, my ouer broe. André is 14, ek is tien. Ek was vannie begin af al tien die idea, maa te bang om nuu vi my pa te sê. Die oggend toe my pa ôs vroegtyd al wakke maak met koffie enne moerse bak pap, toe wil ek hyl, wan it het vi my gevoel my ma gie my af vi adoption.

Pops hette way gehad van koffie en pap maak though, waa nettie ryk allien jou lat wens et hy wasse bieter mens. Die ryk ennie warmth vannie hys hettit lat voel soes goeie memories. Die reality vannit als though, die violence wat altyd ’n moment weg was, hettit lat voel soes een van dai artists wat cute scenes teken inne Hergé-style. Maa dan issie theme vannie art paedophilia, racism of domestic abuse. Subversive stuff. Boring en obvious. Ek haat somtyds dat my liewe voel soese minor artist se beste efforts.

Shorty haat rassisme en hy en my pa hit it right off. Hy sê heeltyd vi my pa, “Broe, I love your laities. And I love my wife.”

Toe ôs in Joburg stop mettie trein, toe klim ôs af en stap innie rien om iets te soek om te gan iet. Joburg se vaalgeid het my nooit velaat ie. Al colour wassie umbrellas. Elke vyf treë het iemand ’n umbrella vekoep. Dieselfde umbrella. Elke tien treë het daa iemand gestaan wie mielies inne oil drum maak. It het my curious gemaak oo wat hulle doen assie son môre skyn. Ek het my antwoord in Durban gekry. Jy staan langsie beach en vekoep pineapple slices. Jy kry net mooi meisies ommit te vekoep. In Durban, toe was Pops al veby Goudy Stout. Hy het oo Durban se wye paaie gestap soes een wie inne American film is, soes een wat oppie strate van San-Francisco stap. Allie karre moet net vi hom stop en klaa. Hy het virrie mooi meisies mettie pineapples heeltyd gevra, “Hallo, wat sêrie jumpers!?” En tewyl hulle getry et om te vestaan wat hy sê en my broe try om mooi te sê hy vra virrie tyd, haloep Pops inne rigting in. Wat ôs omdrai, is Pops innie mirrel vannie sea. Wanne hy ytkom, stap hy tot byrie trein met seaweed tussen sy tone en rondom sy enkels en hy vloek heelpad, wan sy gesig brand vannie sout.

Op Durban klim Shorty oppie trein. Shorty isse klein, dik redneck wie sy Indian fiancé kom visit et. Shorty haat rassisme en hy en my pa hit it right off. Hy sê heeltyd vi my pa, “Broe, I love your laities. And I love my wife.” My pa get soe into it dat hy vi Shorty sê, “Hello, die issie my laities ie, die is ôse laities.” Toe Shorty afklim vannie trein af, sê hy nog eenkee: “I love your laities.” My pa sê wee: “Hello, ek sê mos vi jou, die issie my laities ie, is ôse laities.” En dan sê hy Shorty kan vi my vat as hy wil. Ek wiettie wat om te sê nie, maa ek sê toe die regte ding. Ek sê my ma sal kwaad raak as hy een van ôs weggie. Dai lat vi Pops somme wee onthou van my ma, en dai idea wôd gecancel.

Soes Shorty wegstap, skrie hy en my pa vi mekaa hoe hulle in kontak gan bly, en hoe lief hulle vi hulle laities is. Wanne Shorty out of sight is, vat Pops Shorty se nomme en skeer it op, inne unnecessarily demonstrative way.

Ek wiet nog altyd ie hoekom ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.