Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Trane voel altyd soese toets vi my – wat ek fail

Sy lag altyd asof daa iets yt haa mond yt val wat sy vinnag met haa hand wil vang. En as jyrit ytpoint, dan lag sy vi haaself.

Ek trek my skoues saam, vryf ie boenste van my arm, en vra haa of sy lus is virre bietjie tea. Sy knik haa kop, en sê ja onne haa asem. Maa ek staanie op ommie tea te gan maakie. Sy sit en smile nou, maa haa oë is nog rooi en opgeswel van hyl.

As ekkie wiet wat mee om te sê nie, vra ek haa of sy tea wil hê, en lyste nie na wat sy antwood ie. Trane voel altyd soese toets vi my. Een wat ek elke kee gan fail. Soese drivers licence. Wan ek klim innie kar, vegiet van my seatbelt en obsess oorie rear view mirrors. Ek fail nog voo ek begin et. Ek wiettie hoe om comfort te gie nie, wan ek wiettie hoe om te lieg en sê dinge gan bieter wôtie. Ek wiettie hoe om nie narie hele picture te kyk en net te focus oppie moment ie.

Soe, wat ek doen as ieman wie als vi my bedoel sit en praat en hyl langs my, is ek maak ’n joke, gie vi haa ’n holistic view van suffering en vra of sy tea wil hê.

Tewyl sy nog praat oorie joke, wan sy kan soe vashou an iets wat haa lat lag it met altwie hanne, dink ek oo humour. Hoe it ’n form van self-censorship is. Hoe it ’n way is ommie nasty bits yt te blur.

Ieman het my giste gevra hoekom ek soe cynical is, toe sê ek ek issie cynical ie, net om te disagree.

Ek begin vi haa vetel dat die ding wat life soe swaa maak vi mense issie expectation dat it ie soe swaa moet wiessie. Eintlik is life baie makliker as wattit kan wies. Ek begin praat oo peasants in medieval tye, hoe hulle kinnes rarely childhood survive et. Ek sê vi haa dat die ding van mense in medieval tye is dat jy altyd assume dat hulle sieke gewoond was daa an dat hulle kinnes doodgan, asof hulle self gewiet et it issie ou dae. Maa rêrag was medieval mense mostly dieselfde soes ôs. Dood vi hulle, net omdat it soe heeltyd gebeerit, wassie makliker ie.

Ek praat en lyste na myself tewyl ek praat en ek realize hoe horrible en re­moved ek klink. Ek realize dat ek possibly die worst goed sê wat ek possibly kan sê, maa ek try omdat ek meer omgie oo haa as ienagge iemand. Ek gie eintlik baie min om oo mense. Ieman het my giste gevra hoekom ek soe cynical is, toe sê ek ek issie cynical ie, net om te disagree. Die waarheid is my cynicism is cowboy level. Wat ek daamee bedoel is, as ekke lyk innie pad moet sien, sal ek na it toe stap, en in sy sakke kyk of hy ’n boksie matches offe lighter het soedat ek my cigarette kan anstiek. Dan sal ek anstap op my pad sône om vêder te dink daaoo. Ek wil meeste vannie tyd net afgelos wôd, en net my dae spend hie in my klein bubble mettie mense wie ek allow binne it. It sal bieter wies as ek niks vêder sê nie besef ek, miskien nogge joke maak instead. Miskien moet ek opstaan ennie tea gan maak.

Maa ek voel frustrated omdat ekkie removed is van haa nie. Ek wens ek het gewiet wat om te sê om haa bieter te lat voel. Ek staan op ommie tea te gan maak. Ek sittie kietel an en gan sit wee by haa. Sy praat alwee van iets annes. Ek hoep rêrag dat it ie is om vi my bieter te lat voel ie.

Ek gan sit langs haa en ek sê vi haa sy hoefie oo iets annes te praatie. Ek issie bang vi emotions ie. Ek issie bang vi haa emotions ie. Miskien vi my eie. As iets bad happen met my, kan ek voel even tewyl et gebee hoe ek begin toeslyt agte my. Dan los ek dai bad memory in dai kame wat ek nooit wee gan ingan ie. My kop isse hys vol toegslyte kames. Ek sê it vat strength om jou eie pyn te voel soesit gebee. Sy smile, ek sug, ek staan op, gan maakie tea.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.