Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Trust fund baby dink sy struggle was vi my

My vriend Julian isse anti-apartheid veteran enne wit, trust fund baby. En hy sou môre, as hy kon, trug gan en vi Verwoerd resurrect. Net soedat hy wee intense arguments met sy racist, square parents kan het, en in sy rage die Bybel van die tafel af kan gooi. Dan sal hy ytstap, na sy kame toe gan en sy hele stash “doobie” onne die matras yt hal, sy punk vriende gan kry op die gewone plek en vi ure met hulle indulge in weed en die romanticizing van philosophy.

Net soedat hy twintag jaa later vi my kan vetel hoe hy alles opgegie et virrie struggle en hoe ungrateful “siekere mense” is. Hy is sad dat coloureds en swat mense nie vi hom yt-gesingle et en dankie gesêrit omdat hy gedoen et wat hy sup­posed was om te doenie. Wan hy dink rêrag sy struggle was vi my en mense soes my, hy dink’ie sy activism wasse act van rebellion tien sy parents en die conservative NG Kerk ie. Hy lyste nie na homself as hy nostalgically praat van hoe die Nats hulle opgefok et ie. Ek lyste, ennit lat my dink an my anne vriend Elton.

Elton isse blokman byrie slaghys ommie drai van ôs, enne coloured, unplanned

baby. Elton lyk soes jy kan hom langs ’ie biltong hang, die way sy vel verrimpel en ytgedroeg is van jaa in en jaa yt jare geliede elke dag innie son staan en teer lê soedat die Kaap strate kon het.

Elton hettie gestruggle tien apartheid ie, hy het gestruggle dee apartheid. Elton soek ie freedom vi homself ie, hy soek et vi anne mense. Hy hou van vi my sê die laities van vandag moet die kanse vat wat ôsie gehad et ie, dan maak hy ’n sakkie vol goulash en sit it oppie skaal en tewyl hy it klaa toeknoep, vra hy vi my of R35,65 okay is. Is okay.

Elton praat ie much van apartheid ie, wan ’n wit polisieman het sy pa eenkee voo hom en sy suste geklap innie Kaap, omdat sy pa ’n wit vrou gegroet et. Elton dink min van homself en hy dink baie van wit mense en hy vegiet nooit sy plek innie wêreld ie.

Wan hy dink rêrag sy struggle was vi my en mense soes my, hy dink’ie sy activism wasse act van rebellion tien sy parents en die conservative NG Kerk ie.

Ek vetel eenkee vi Julian van Elton byrie slaghys en net daa hal Julian sy harp yt en begin ’n elegy compose an Elton, die slaghysman met die mooiste maniere van alle blokmans since the dawn of mankind. Hy prys Elton se funny anecdotes, hy vetel my hoe mooi Elton hom altyd groet, hoe Elton ’n smile het soes Mona Lisa se baby suste. Die way Julian te kere gan oo Elton is ek vebaas hy het nog nooit op sy knieë gegan innie slaghys en vi Elton propose ie.

Ek het al gesien hoe Elton wit mense help innie winkel. Hy val ampe oo homself, ek het al geworry hy gan sy hand accidently afkap, die way hy kan vleis saag en lag en smile en kyk vi elke joke wat ’n wit customer maak.

Julian dink Elton isse saint, ek dink Elton hettie vegiet hoe dai polisieman sy pa geklap et ie. Hy is soes een wie bang is rondom wit mense.

It issie dat Julian democracy haat ie, hy haat sy plek innit. Hy haat die facelessness wat hy voel. Hy mis die ou dae, hy mis dai dae wat die polisie hom innie nag ytie kooi geruk et en ingevat et vi interroga­tion. Die secret police spying on little old Julian, can you believe it? ’n Humble brag. Hy haat alles van democracy behalwe democracy itself.

Hy is mal oo mense soes Elton, wie alles stop om sy presence te acknowledge. As hy innie slaghys kom, trek Elton sy plastic gloves yt, en vie sy skoon hanne af by sy bloodied smock. Wan mense soes Julian lat mense soes Elton alles omkeed doen.

Die irony vi my van Julian en Elton is dat Julian homself sien as die veteran struggle activist, en vi Elton as die man on the street, met die goeie maniere.

Maa as ek hulle altwie vra wat hulle dink van Cyril Ramaphosa, praat Julian van Madiba en Elton van Marikana.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.