Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: University is amper soes Comic Con, sê ek

Ek en Ronelda loep ôs nourie dag vas in orientation-week celebrations soes ôs veby Rhodes University stap, op pad winkel toe. ’n Groep students staan en vat selfies voorie entrance van ’n skool wat lyk asof it part van die Harry Potter film set is, nogge groep staan voore arch by Rhodes University, of die university currently known as Rhodes, soos hulle binnekort gaan leer, saam met die woorde decolonize en elite members of society.

Om my six-year-old wat saam ôs stap te entertain, maak ôs alternative meanings vi O-week op, soes hulle orientation week noem. Ronelda sê O-week staan vi “obvious” week, ek lag en suggest dit staan vi

“oh my gaaad” week.

Babatjie begin saam speel en skrie ran­dom woorde wat met die letter “O” begin, “olives!”, “omnivore!”, “oligarchy!” Ek lag en vra haa of sy wiet wattie laaste woord beteken. Sy sê ja, “It rhymes with monarchy and anarchy”.

Ek vra haa of sy wiet wat dít beteken, sy rol haa oë, sug en sê vi my is “patriarchy”. Ôs kom byrie winkel en it is vol parents wie hulle kinnes die ropes van self-shopping probeer leer. ’n Paa oumas en oupas share in die moment van nogge generation wat educated gaan wies innie familie. My oeg val op ’n coloured family, die pa het ’n municipality T-shirt an, die kind se trollie is vol blikkieskos, melk en pap.

Ammel lyk bietjie sad en frantic, ek besef hoe ’n massive leap it is vi families om te gan van parents wat barely stanned 5 het, ’n paa kinnes wat high school uitgedrop het en dan finally daai een kind, die heel eeste een wattit maak met ’n bursary tot waa twie of drie generations geliede gedink et it is onmoontlik. Ek kyk virrie familie en sien myself, ek wiet dai bursary betaal vi meer as net een pesoon se studies, it change die direction vanne storie, die student gan virrie next drie tot vie jaa hard moet lee en sôg dat sy klein broetjie taxi fare het elke dag vi skool, vi sy ma krag koep wanne die meter yt run en sy pa sal soeveel as wat hy kan met die wêk se bakkie virrie student kos en toiletries bring.

Babatjie begin saam speel en skrie ran­dom woorde wat met die letter “O” begin, “olives!”, “omnivore!”, “oligarchy!” Ek lag en vra haa of sy wiet wattie laaste woord beteken.

Ek wil virrie student sê, moenie worry nie, elke moment wanne jy dai WhatsApp kry waa jou broertjie data soek of jou ma

sê sy need ’n R100 vir Huisvriend offie Egyptians, isse moment vêder weg van alles wat impossible was.

Ronelda vetel my ’n joke van haa ma. Sy sê hulle het eenkee gestry oo geld omdat sy ’n paa Converse wou koep, maa haa ma het insist sy moet ’n paa Levi’s tekkies koep omdat it dieselfde is net cheaper, omdat haa ma mettie res van haa geld nuwe gordyne by Sheet Street wou gaan koep. Voo sy kon kwaad raak, vra haa ma vir haa of sy die film The Champ onthou van Ricky Schroder en Jon Voight? Sy antwood ja obviously, al die grootmense het gehyl an die einde, haa ma sê toe vir haa sy het nie gehyl toe die pa dood gan ná die fight’ie, sy het gehyl toe Schroder se pa al die kind se geld uitgesyp en dowwel et en al wat die kind sê is “my money is your money champ”. Ronelda sê sy het net gelag en die godyne se geld vir haa ma gegie.

Ek stap oo na die cigarette counter toe en gaan staan agte twie ouer students, hulle koep Rizlas en tobacco, die een is aangetrek soese rebel guerilla army kommandant in sy combat boots, camo en Black Panther beret. Hy lyk soos Idris Elba se character in Beasts of No Nation. Die anne een se dreads hang sideways oo sy gesig en hy lyk soes ’n live action version van Afro-Samurai, ek kan net imagine watte amazing revolutionaries dié twee eendag gan maak.

Ôs stap terug hys toe met ôs sakkies en ek sê vi Ronelda university is amper soes Comic Con en vetel haa van die twie cosplay revolutionaries.

Sy sug en sê: Hulle is te woke, hulle moet gaan slaap, moenie aan hulle dink nie, dink aan die students sonder costumes, die wat die struggle defenseless fight.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.