Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Vegeet maa ees van jou mask as metaphor

Ek gan elke veetiende dag winkel toe, somme byrie Spar daa naby. Wan dan kry ek groceries en lat somme die security byrie dee my temperature oek vat. Issie next best thing as jy nog altyd ie kan ytfigure of jy mag dokte toe gannie. My temperature is nog alright, ’n solid 36.5 degrees Celsius. Is goed om te wiet wan ek het ampe al die Covid-19 symptoms virrie laaste tien jaa of soe al. ’n See keel, headache, even die loss of movement en speech, maa net as ek inne bad mood is.

Soe anyway, ek staan in my lyn by Spar met my sakkie kosgoed. ’n Paa stukkies goed, ’n liter melk, ’n brood, ’n pakkie chops, iets vegetarian vi my, iets random soes bath salts enne klomp lekke goed vi my dogte. Wan ek run gou yt ideas vi wat om te koep by ’n winkel. As ek klaa is staan ek anxiously innie socially distanced lyn, omdat ek my eie sakkies moet gan pak. Ek wiet al klaa dat ekkit gan pak dattit alles stacked is boe op mekaa in weird shapes soese cubist painting. En dan gan ek voel soese failure innie oë vannie cash-ier enne die pesoon agte my wat wag dat ek klaa kry, tewyl ek try omme cheesecake sideways inne oovol sak te squeeze. En anxious omdat ek al my aandag moet focus daa op om my bank pin te onthou, en ek isse pesoon wat net op een ding kan focus oppe tyd.

Maa omdat ek hyperactive is kan ekkie help om anyway op alles rondom my te focus ie. Ek let op hoe gou meeste mense masks embrace et hie rond, in die klein droë dorpie van ôs. Voo my staan ’n pensioner mette bright pienk mask op, wat ek wiet sy kleinkind hastag vi hom gan koep et, ek wiet wan ek het dieselle een, wat ôs oek hastag gaan koep et, toe die lockdown net announced was. Hy dra it en voel slightly meer safe en meer responsible. Ek voel oek soe, asof ek my klein bit doen.

Ôs hette klein shelf byrie voodee waa ôs ôs masks hang, vi vinnage access, in case ieman klop of iets deliver wôd. Lat my goed voel, soese grootmens. Innie lyn langsan my staan ’n academic wie ek ken van Rhodes. Hy dra ’n plain swat, sensible mask met clean lines wat align met sy nostrils. Hy het my eenkee gekry oppie winkel stoep, toe kyk hy my bright geel mask an en sê, “Hey, that’s quite a statement.” It wassie ’n statement ie, it wasse skoon mask.

Isse snaakse ding om te sien hoe daa soe gou class signifiers opgespring et rondom masks. Allie arm mense dra bright, gaudy masks wat hulle byrie Chinese winkel gekoep et en allie middelklas mense dra demure, plain masks wat undeniably van quality materials gemaak is. Innie winkel kan ekkie help om te dink wanne K-Way masks gan ytkom ie. Masks wat gemaak is vanne dun canvas met breathable pockets binne in wat jou swiet absorb, perfect vi hiking. En wanne gan die forty pack disposable masks ytkom wat jy specially vi jou meid koep. Dai mask wat slightly degrading is vi reasons wat ôs virre lang tyd gan sukkel om te pinpoint quite hoekom. Die goed bestaan sieke al klaa, ek wiet maa nettie daavan ie.

Die obsession met nie stupid lyk ie is vi my depressing, even Trump se riede vi nie mask dra nie is om nie stupid te lyk virrie lamestream media nie. Die psychology agte bietjie van jouself wil wys as jy vinnag jou liewe risk om groceries te gan op stock, irritate my wan vi once moet jy ’n actual mask dra nie ’n metaphorical een ie. Ek dink nog oo al die goed wattit my kans kom om te betaal. Ek kyk hoe die cashier alles optel op die cash register. Sy het net vie goed gescan ennie bill is klaa meer as al die groceries saam wanne my vrou kom shopping. Sy scan die laaste item, ’n pack marshmallows vi my dogte en vra cash or card. Ek kyk die cashier an, en mumble dee my mask dat ek gou my vrou moet bel virrie pin nomme.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.