Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Wan eintlik kan ôs net op mekaa depend

“With a German accent, in your head say ‘show me your papers’ . . . This is downright scary! You don’t issue people certificates to be able to function outside their home . . . This actually feels like Hitler’s Germany where you had to have blonde hair and blue eyes to be able to function anywhere, and you were damned other­wise. When are people going to say enough is enough?”. Die woorde behoot an Sara Marie Brenner. It was gemaak oppe Facebook-post van haa man, Ohio State senator Andrew Brenner. Die statement wasse response op dr. Amy Acton se suggestion dat die US immune certificates order, vi mense wie antibodies het tien Covid-19. Die twie idiots moes apologize annie Jewish community vi hulle “bad analogy”. Ek sit bad analogy in inverted commas, wan it is eintlik meer as dai. Hie isse voorbeeld vanne bad analogy: “Life is like a box of chocolates; you never know what you’re gonna get.” Jy wiet literally altyd wat jy gan kry as jy ’n boksie chocolates koep. Drie pralines, vie van dai horrible Turkish delights, etc. Hulle sê vi jou oppie boksie. Anyway, ek digress.

It is less vanne bad analogy, en meer vanne bad attitude. It isse bad attitude toward Jewish mense se generational trauma. It demonstrates at best, dat die Jewish holocaust vi jou abstract is, ennit demonstrate jou indifference en lack van empathy. Maa ammel wiet jy mag ie dai doenie, en daa is severe ramifications vi mense wie die Jewish community insult. Less so miskien as jy die Muslim community insult. Nog minner die Latin, Asian of African American communities. Maa dai is America, ôs het ôs eie problems hie. Of rather, ôs het dieselfde problems hie. Die amount van kere wat ek nou al gehoor it wit mense compare lockdown conditions met apartheid sou shocking wies, assit nie soe predictable wassie. Wattit demonstrate, is wat meeste swat mense klaa wiet, en dai is dat meeste wit mense nie apartheid vestaanie. Hulle dink apartheid was jy kannie narie selfde plekke soes wit mense gegan et ie. En nou is apartheid veby, wan ôs kan ammel narie selfde plekke gan. Of eintlik wassit veby, is nou wee annie gang. Wan die government het gesê dat nieman mag gan draf ie. Maa ammel mag nou wee draf, salute an die struggle heroes wie gan draf it during lockdown. It wassie kotste apartheid ooit.

Ek het eenkee ’n business meeting gehad mette gespoilde wit man. Toe begin hy complain oo die waiter wat lank vat. En tewyl hy complain, vra hy my somme of ek die saying ken, “the squeaky wheel gets the most oil”. Hy het dai woore vi sy laitie gelee. Dai isse goeie analogy by the way. Dai is exactly hoe wit mense vi my die heeltyd klink, squeaky. As hulle kleinste comfort impeded wôd, dan issit traumatic. Vegiet dat die lockdown restrictions in plek gesit was om mense se liewens te save. Vegiet dat it iets is wat ammel moet deal mee. It is inconvenient. Nou ôs, omdat ôs apartheid vestaan, en nog altyd deal mettie consequences daavan, complain ie, ôs ken inconvenience. En innie case van swat mense wôd die squeaky wheel die meeste deerie polisie en army geslaan.

’n Perennial concern vi wit mense in Syd-Afrika is dat hulle nie voel hulle wôd anvaar as Africans ie. Maa miskien issit omdat wanne die call kom vi solidarity tussen South Africans, insist wit mense altyd op hulle individualism. Miskien issit wit mense se incapacity om empathy te het met die most vulnerable South Africans wat maak dat hulle altyd bytestanders is. Nieman dink die coronavirus response is perfect ie, en daa is even regulations wat vi nieman sense maakie. Maa die response is baie bieter as wat ôs kan gehoep it voo, en mense wie gewoond an die absurdity van die land is, lag daaoo, gan an, en doen wat ôs moet om te survive. Wan ôs wiet eintlik kan ôs net op mekaa depend.

En ek wiet die klink alwee soes ek complain oo wit mense. Soe lat ek die einde met iets wat ek grateful is voo vi wit mense. Straight wit mense specifically. Assit net ôs was, het corona al yt victims gerun. Vra vi AIDS, vra vi drug addiction, vra vi apartheid, hulle sal vi jou sê, nieman gie om tot it ’n problem wôd vi julle nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.