Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Wies rustig en onthou: swaakry is niks nuut

It is swaa om te gloe, maa die pandemic kannie ve’iewag last ie. Ek sê nie soe omdat ek naive en hopeful issie. Ek is nei­ther. Wat my certain maak van wat ek sê is omdat ek cynical is. En cynicism lee vi jou dat ienagge tyd wanne ryk mense begin geld veloo dan is innovation en re­sourcefulness waiting in the wings. It is die economy wat ôs saving grace is. Capitalism need ’n workforce. Mens try om nie te often daa an te dink ie, maa mense isse resource om te exploit om geld te maak. Jy sal dink dat it anneste om is, dat geld ’n resource is wat daa is om mense te serve.

As jy dai gloe, vat nette stap ATM of winkel toe, kyk na dai cash in transit vans, dai dudes mettie military grade weapons wat dai geld protect. Daa issie mans met machine guns wat guard staan by skole nie. Although daa geclaim wôd, ‘children are the future.’ Ieman moet soe ’n song maak oo geld, “The greatest love of all”.

Ek sal dai song wil lyste, omdat it soe waa sou wies.

Daa is of course conglomerates wat net meer geld maak nou deerie pandemic, maa dai issie waa vi meeste businesses ie.

Meeste businesses sit en worry nou oo hulle wêksmense. Nie hulle well-being ie, maa hulle availability. Jy wiet daa sit nou klom ryk companies en hou Zoom meetings oo hoe hulle arm mense gan lat betaal vi die pandemic. Jy wiet nog klomp mense gan gefire wôd, en anne mense gan nog kleiner salaries moet vat. Maa voo hulle dai kan doen, moet hulle ees die bleeding stop. Ennie irony is, dat die ’n problem is wat actually net gesolve gan wôd dee geld te spend daa op. En arm mense hettie geld ie, annes biete jy gloe hulle sal vi ôs daavoo lat betaal et.

Ek wens maa net mense wil minner stupid wies. Minner reckless. En ophou liewe asof die die new normal is. Dai is non­sense. Die is maa nette phase, en ôs kan deerit kom as ôs minner nihilistic is. Minner wil party asof die einde vannie wêreld op ôs is. Ek issie bang om dood te gannie; wat ek bang is voo my hele liewe lank al is om inne stupid way dood te gan. Ek willie doodgan inne way wat ammel wiet it was my eie skuld en nou moet hulle pretend om sorry te voel vi my nie. Ek wil hê mense moet lekke yt hulle harte kan hyl vi my.

Try om gesond te bly, vi jou ouma en oupa, vi jou ma, pa ennie kinnes wattie meeste suffer as een vannie grootmense siek raak en doodgan. Slaap laat die Krismis, slaap regdee die Niewejaa. Assie niewe jaa kom, moet jy wiet jy het die ou jaa survive en jy is klaa een step nader daa an om klaa te wies met die pandemic. Die swaaste part is klaa agte ôs, die part waa ôsie vestaan et wat angan ie, waa ôs moes scramble vi information tewyl ammel rondom ôs siek raak. Die swaaste part is veby, waa jy nie kan cigarettes en wyn kan gekoep et ie, wan as daa ooit ’n tyd was om te drink en roek wassit daityd.

Al wat jy nou moet doen, is niks, behalwe wat jy absolutely moet doenie. En swaakry en sukkel is niks nuut vi ôsie. Die wêreld daa byte is bitter vi ôs omdat die pandemic nie soe groot geraak et hoe soesit supposed was om te raakie. Hulle vestaan ie hoekom ie. Maa ek wiet hoekom, wan South-Africans is gewoon mettie abnormal deal. Ôs doen meestal altyd wat van ôs vewag wôd, no matter hoe much gevra wôd van ôs. It issie fatigue wat maak dat ôs nou vekeed gannie, it is boredom. It vat baie meer voo ôs moeg raak.

Soe, lat ôs net dee die jaa kom. Wies rustig. Sit agte oo, en maak jouself comfortable. Wan isse swaa pad wat voolê, maa daa isse swaa pad agte ôs. Wies patient en kalm en gie die ryk mense kans om yt te wêk wat hulle gan doen om op te hou geld veloo.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.