Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Witnesses van hoe reality bend en sy eie hakke soen

Tewyl jy nog jonk is, dink jy altyd dat jy nooit oud en out of touch sal raak ie. Dat ammel oud en out of touch raak, is well-established. Niks niet daa nie.

It is maa net funny vi my die way hoe life jou ytvang. Jy dink nog jy is misunderstood in jou baggy jeans en pierced tong, dan kyk jy rondom jou en sien ammel is nou pierced en baggy. Ennit issie net jou klere wat hang an jou lyfie, is jou vel wat hang op jou lyf oek. Is gewoonlik daityd wat daa ’n laitie veby kom mette jeans an wat soe styf sit, jy kan sy nervous system onne an sien. Is soe wattit gebee, dat jy begin jou kop skud en vi jouself sê, die laities van vandag wiet niks van fashion ie. Wat ytbegin asse soot incredulousness – as jy sien watte music daa speel oppie radio – evolve altyd into ’n thinly veiled resentment wanne jy besef niemand onthou mee jou favourite singer nie.

En real talk, ek haat modern culture meer as ienagge een. Maa ek haat it dieselfde way ekkit sal haat as ek elke kee van die kids menu af moes iet as ek Spur toe gan. Ek wiet it issie daa vi my nie. Imagine net ek moet elke kee daa instap by Spur by die kinnes se play area, my nies optrek en sê, in my dag het ôs byte gespeel. Dai’s hoe jy klink as jy complain oo “vandag se music”. Soes dai mense wat post op Facebook, “If Biggie and Tupac were still alive, Lil Wayne wouldn’t have a career.”

Nomme een, hou op praat asof jy heeldag Biggie en Tupac gelyste et innie 90’s. Jy het klomp numbers gelyste wat jy self nie ees mee onthou nie. Dieselfde soes die laities vandag klomp numbers lyste wat nieman gan onthou nie. En nomme twie, jy preach to the converted, wan die laities is lankal ie mee op Facebook ie. Hulle het anbeweeg na ’n niewe hangout waantoe jy nie invited wassie.

My ma’le hette buttonkop-tjommie gehad toe ôs laities was. Uncle Johnnie. Uncle Johnnie het permie ’n blou overall gedra. Een outfit elke dag, soese character inne sitcom.

Wil Uncle Johnnie, wat veslaaf an dwelms was, nie eendag vi ôs sê ôs wietie wat fashion issie.

“Julle wiet niks van klere affie. Wiet jy hoeveel Wrangler jeanse jy met dai Levi se geld kan gekoep et? Maklik tien!” sê dai man vi ôs tewyl my pa sit en sy kop knik in agreement. Ôs het net vi Uncle Johnnie uncomprehendingly angekyk. En elke kee ná dai as ôs hom langsie pad gekry et, het ôs agte hom an gehaloep, en geskrie-sing, “Uncle Johnnie! Uncle Johnnie! Wrangler! Wrangler! Station Strangler!”

It gannie net oo klere en music en anne super­ficially important goed ie though. It gan oo die idea dat als ees bieter was. It issie dat goed worse wassie, maa dat it basically dieselfde was soes nou. Mense was maa net minner aware van hoe messed up die wêreld rêrag is. Elke niewe generation moet die mess skoonmaak van die previous een. Elke generation doen ’n terrible job daavan, en soe wôd elke ill innie wêreld perpetually vorentoe angepass. En elke generation dra ’n swaader burden assie laaste.

Ek sal nooit die derision vegiet wat ôs moet opgesuck et ie. Die countless thought pieces wat geskryf was die eeste tien jaa ná apartheid ie. Oo die niewe generation wat niks political ambition hettie. Die smugness van die apartheid veterans wat soe self-assured was innie knowledge dat hulle ge-fight et inne struggle wat hulle contributions calculable was, ennie bad wat hulle geface et irrefutable. Noudat ôs ouer raak, dink ôs an die irony daavan. Wan ôs het mature geraak inne tyd waa ôs gewitness et hoe reality bend en sy eie hakke soen. Ôs was oppie forefront toe die surreal die niewe real wôd.

Die kids wat innie 90’s grootgewôd et, kannie ’n hys afford ie, kannie ’n plek kry om ôs koppe te rus ie. Kannie families grootmaak ie. Wan daa is niks oo vi ôsie.

Soe, die laities ná ôs, ek vestaan hulle nie, en hulle irritate my, maa dai issie worst wat ek willing is om te sê. Lat hulle hulle kak music lyste. As dai hulle help om te deal met wat voolê vi hulle.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.