Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal:’n Man kan mos maa spoeg op sy eie erf

Retief snyt sy nies yt met sy ligteblou sakdoek mettie donke blou naval stripes rondom ie edges.

“Jis, Klaas, hoe gaan dit jong?” vra hy tewyl hy sy sakdoek trug in sy sak druk, sy nies nogge laaste kee optrek, ennie contents ytspoeg innie sand. Als in een anti-clockwise action.

“Ag, maar so tussen die boom en die bas,” sug-sê Klaas innie rehearsed way van ou mense wat nooit mee in-check oppie dag om yt te vind hoe it rêrag gannie. Na ’n siekere oudedom vat jy allie jare saam en wêk ’n gemiddelde yt. En wat jy ytkry is wat jy beslyt die state van dinge is van nou tottie einde.

Klaas gan sit oppie riet stoel ookant Retief wat jare geliede ytgesit was vi hom op Retief se stoep en wat nog nooit geskyf wassie. Retief se klein kinnes noem it oom Klaas se stoel. Meeste aande na aand iete, trek Klaas op hie by Retief se erf. Hulle boer al een plaasgrond saam vi langer as wat hulle vriende is, en hulle is al ve’iewag vriende.

Hulle sit hie en drink ’n paa glase brannewyn ommie dag af te slyt. Wat ongesê lê tussen Retief en Klaas is dat die last watch is voorie son sak, nog lig genoeg ommie silhouettes yt te ken tien ie landscape. Hie vanaf Retief se stoep wat die beste ytsig gie oorie plaas. Retief en Klaas sit en praat oo klein goed, hulle marinade hulle optimism innie certainties wat die een gloe innie anne reside.

Hulle ry dai borrel brannas twie stoppe veby Klein Bietjie Te Veel Straat, voo Klaas mette diep sug opstaan en sê: “Retief my maat, laat ek gaan park vir die dag.”

Hulle is altwie reticent om te separate en te gan inkryp onnerie kombêse. Waa hulle toe oë innie donke moet gan lê langs Mamma wattie panic voo Pappa die signal gie nie. Hulle altwie dread dai uur voorie slaap sak waa in hulle elkeen, Retief en Klaas, hulle eie respective Oubase mis.

Oubaas sou gewiet et wat om te doen. Oubaas sou iets gesê et om vi Moeder gerus te stel en dan sal sy haa rustigheid elke niewe oggend oorie kinnes ytgestrooi et soes chicken feed oorie hoenes.

Hy sou die situation lat rym et. Oubaas sou opkom mette classic sê-ding wat met sy kop hoeg kan loep innie annals van common sense wisdoms soes: “If God wanted Adam and Steve, he wouldn’t have made Adam and Eve.”

Gay seem vi Klaas skielik soese kleiner crisis as wattit ’n paa maande geliede geseem et.

Wat Retief nooit explicitly an homself articulate ie, maa meer vestaan soese gevoel, is dat Klaas ’n goeie ou is. Iemand wie doodgan van kanker of oudedom. Classic causes of death virre classic man. Coronavirus het vi Retief ’n HIV stigma, of at best voelit new-fangled soes Twitter of Instagram. Iets wat hy associate mette different klas mens of feckless youth.

Maa nou moet altwie van hulle elke nou en dan van hulle stoep af klim om dorp toe te ry na die Pick n Pay. Hie moet hulle signs oppie vloe follow wat hulle nie vestaan ie. Nou moet hulle die term social distancing internalise soes social media en al die niewe terms wat hulle moet volg, soes road signs oppe pad wat unfamiliar is. Hulle moet suspiciously hulle hanne lat sanitise dee ’n coloured klong wie hulle nie confidence in het om te wiet wat hy doen met dai spritzer nie.

Tewyl Klaas nogge laatmiddag in sy bakkie sit oppad na Retief toe, dink hy hy gan vi Retief moet vasvat oo dai gespoegery van hom. Maa hy wiet hy gannie. Wan ’n man kan mos maa spoeg op sy eie erf.

En al sit hy en Retief ampe elke aand en complain oo alles en ammel is hulle nie gewoond om te complain oo mekaa nie. En al is hulle in constant fear virrie wêreld daa byte was hulle nog nooit bang vi mekaa nie. Klaas remind homself Retief isse goeie ou, maa drai anyway om byrie hoek voorie afdrai in by Retief.

Ennit is oek maa goed, wan Klaas se stoel staan binne die hys, en al Retief se ligte is af asof die hysmense nie daa issie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.