Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
NDZ die vet miskoek ná annus horribilis

Met die eindtye op ons as Robert Mugabe in ’n rok volgende week die Zuptas se staatskaping hier kan verseël, peins ’n mens nou skielik meer oor ons Suiderland en sy toekoms.

Waar is ons volgende week hierdie tyd? Moet ’n mens nie dan eerder Zimbabwe toe trek nie? Met Robert en Grace Mugabe se gulsige hande vasgebind, is dit ’n opsie om daar te gaan boer.

Charles Smith

As Nkosazana met behulp van ’n paar miljoen Gupta-dollars vir Cyril kan klop, gaan sy beslis radikale ekonomiese transformasie (lees: staatskaping in supercharge) radikaal toepas. Bell Pottinger is dood, maar sy klou vas aan hul haatspraak as haar enigste beleid.

Dan is jou spaargeld, huis, pensioene en plaas hier ernstig in die gedrang.

Die Guptas het die regering, Eskom, SAL en baie myne in hul sak. Al wat hulle kort, is ’n klompie plase.

Verwag ou Ajay, Atul, Rajesh en Varun met kakieklere en breërandhoede in Senwes om bloutong-entstof vir hul dorpers te koop.

Wat ons almal erg moet pla, is dat dié dinge min mense pla. Mense shop asof die naweek net nog ’n Dingaansdag met ’n vakansiedag is.

Waar is die kerke?

Hoekom is daar nie biddae teen die Zumas nie?

Die ANC in die Noord-Kaap hou ’n deurnagwaak om te peins oor die groot leierstryd.

Nietemin, NDZ as president sal ’n miskoek van ’n krismiskoek vir die meeste Suid-Afrikaners ná ’n annus horribilis wees.

Daar was baie laagtepunte: Zuma wat ons elke dag ’n middelvinger gewys het, Shaun Abrahams, Bell Pottinger, die afdanking van Pravin Gordhan, die Vrystaat wat onder Eisj Magashule vernietig is, dat ons amptelik ’n moord- en verkragstaat is en die ondersteuning van die Mugabe-egpaar.

Maar dis nie net die ANC wat ons land bevark nie. Die ineenstorting van Steinhoff is ’n bewys dat die arrogansie van rykes teenoor gewone mense oral voorkom.

Die val van Afrikaans by universiteite is net so ’n groot skande soos Nkandla. Ironies is albei figure wat Afrikaans se kop aan die Universiteit van die Vrystaat laat rol

het, Jonathan Jansen en Lis Lange, nou nie meer hier nie. Net die Afrikaanse meelopers wat hul taal opgeoffer het vir ’n sikspens, is oor.

Tog was dit ’n goeie jaar. John Miles se Op ’n dag, ’n hond was ’n kragtoer. Ons het Karel Schoeman, die grootste Afrikaanse skrywer, gegroet, maar sy boek Skepelinge verskaf ure se leesgenot.

En Fokofpolisiekar in Die Mystic Boer in Bloem het genoeg volts uitgepomp om Afrikaans selfs onder NDZ te laat oorleef.

Meer oor:  Robert Mugabe  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.