Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nee vir diktatuur van meerderheid

Dit is met belangstelling dat ek van die kantlyn af na die Grace Mugabe-affêre kyk, want hier sien ons ’n goeie voorbeeld van die demokrasie aan die werk.

Terwyl Robert Mugabe nog president van Zimbabwe was, het hy en Grace Suid-Afrika besoek. Hy was op ’n konferensie. Tydens hul besoek het Grace glo ’n jong vrou, Gabriella Engels, met ’n verlengkoord bygedam en kwaai beseer. Toe die polisie haar wou ondervra, het sy landuit gevlug.

Die politieke wiel het intussen gedraai.

Die Suid-Afrikaanse regering wou nie haar uitlewering versoek nie, aangesien sy glo diplomatieke status had.

Dít ondanks die feit dat sy slegs op dié status aanspraak sou kon maak as sy amptelik by die konferensie betrokke was – wat sy nié was nie.

Dit was duidelik dat die destydse pres. Jacob Zuma nie sy ou politieke vriend in die verleentheid wou stel nie. Vergeet van die reg – politieke belange is alles!

Die politieke wiel het intussen gedraai. Sowel Robert Mugabe as Zuma het saam met hoogmoed voor die val gekom, en die Suid-Afrikaanse regstaat se wiele het begin draai.

Om mee te begin: AfriForum – die organisasie wat tot vele linkse ideoloë se woede daarop aandring dat die regstaat ook in die praktyk werk – het aangekondig dat sy “bulhond”, adv. Gerrie Nel, ’n private vervolging teen Grace sou begin. Die wet laat dit toe in gevalle waar die staat nie sy plig nakom nie.

Vandeesweek het regter Bashier Vally bevind die regering se besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace te verleen, was ongrondwetlik.

Met ander woorde, as sy ’n voet oor die Limpopo sit, kan sy in hegtenis geneem en aangekla word.

Met ander woorde, as sy ’n voet oor die Limpopo sit, kan sy in hegtenis geneem en aangekla word.

Wat is die essensie van die demokrasie? Ek bemerk ’n hardnekkige misverstand by sowel linkses as regses oor dié vraag. By albei groepe bestaan die opvatting dat die demokrasie die wil van die meerderheid is. Punt.

Natuurlik is dit ’n sentrale pilaar van die demokrasie dat die meerderheid besluit wie die regering moet vorm.

In die 1950’s het die Nasionale Party die verwydering van die bruin mense van die gesamentlike kieserslys dikwels verdedig met die argument dat dit die “volkswil” verteenwoordig (selfs al was die “volk” ’n minderheid).

Maar as dít die enigste belangrike aspek was, sou die demokrasie op ’n diktatuur van die meerderheid neerkom. Dís wat ’n beduidende deel van die ANC graag wil hê.

Overgezet zijnde, dit gaan nie slegs om eerlike verkiesings nie, maar wat tússen die verkiesings gebeur.

Maar ewe belangrik – dalk selfs belangriker – is die feit dat die besluitnemingsreg van die meerderheid beperk en aan streng reëls onderwerp word.

Overgezet zijnde, dit gaan nie slegs om eerlike verkiesings nie, maar wat tússen die verkiesings gebeur.

Dit gaan daarom dat die waarborge wat die regstaat bied vir die vryheid van meningsuiting, grondbesit, ensovoorts, nagekom word.

Dit gaan daarom dat selfs die vrou van ’n besoekende staatshoof nie om onwettige politieke redes beskerm word indien sy ’n misdaad pleeg nie.

Dit gaan daarom dat selfs die vrou van ’n besoekende staatshoof nie om onwettige politieke redes beskerm word indien sy ’n misdaad pleeg nie.

Helaas word Suid-Afrika regeer deur ’n party waarvan die begrip oor die aard van die regstaat beperk is. Selfs die openbare vervolger onder die patetiese adv. Shaun Abrahams verstaan nie mooi wat sy plig is nie.

Onder pres. Cyril Ramaphosa gaan dit weliswaar beter, maar eers sal hy sy politieke greep op die plunderende ANC-kaders moet verstewig voordat ons kan sê dat die land uit die gevaarsone is.

Gelukkig is daar organisasies soos AfriForum – verreweg nie volmaak nie, maar wat wel ’n uiters nuttige rol by die afdwing van die reëls van die regstaat speel. In dié opsig verdien hy alle demokrate se steun.

  • Scholtz is ’n onafhanklike kommentator.
Meer oor:  Leopold Scholtz  |  Mening  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.