Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nee vir Sol-Tech, ja vir die Guptas

Ek was onlangs bevoorreg om ’n terreinbesoek saam met die trustees van die Solidariteit Beweging af te lê by die nuwe kampusontwikkeling van die Sol-Tech- tegniese opleidingskollege.

Willie Spies

Die projek het ’n geskiedenis van digby ’n dekade en kon slegs realiseer nadat suksesvolle dorpsontwikkelingsappèlle wat deur veral die Suid-Afrikaanse Lugmag gevoer is, afgehandel is. Dieselfde lugmag, wat vroeër nuus gemaak het deurdat ’n lugmagvliegtuig lede van die ANC op die belastingbetaler se onkoste Harare toe geneem het om by hul kamerade in die diktatuur van Emmerson Mnangagwa en sy Zanu-PF te gaan kuier.

’n Paar jaar gelede, toe die Zupta-bewind nog in volle gang was, het die lugmag groot verontwaardiging veroorsaak toe die Gupta-familie vryelik van die Waterkloof-lugmagbasis gebruik gemaak het as landingsplek op pad na ’n bruilof-makietie by Sun City. Nogtans het dieselfde lugmag destyds beswaar gemaak teen die kampusontwikkeling, weens die bedreiging wat ’n opleidingskollege reg langs die basis vir nasionale veiligheid sou inhou. Gelukkig het die besware misluk en die projek kon uiteindelik begin.

Die projek is bestuur deur Francois van Vuuren van Kanton Eiendomme, ’n maatskappy wat die eiendomsportefeulje van die Solidariteit Beweging hou en onder leiding staan van Henk Schalekamp. Schalekamp het sy loopbaan by Solidariteit as vakbondverteenwoordiger begin, maar sy entrepreneuriese vaardighede gebruik en ontwikkel om tegelyk entrepreneur, sakeman en kultuur-idealis te wees.

Volgens die aanvanklike ramings sou die projek ongeveer R192 miljoen kos. Die projekbestuurspan het egter bespaar, gemeet en gepas sodat die uiteindelike koste vir die projek op R176 miljoen geraam is. Noudat die projek baie naby aan voltooiing is, lyk dit of die projek steeds teen 9% minder as die beraamde bedrag voltooi sal kan word.

Die ironie is die Sol-Tech-kampus is nie ’n universiteit nie, maar ’n kollege wat voorsien in Suid-Afrika se nypende tekort aan gekwalifiseerde ambagslui, wat verlede jaar geraam is op 40 000.

Dit staan in skrille kontras teenoor die vele mislukte infrastruktuurprojekte wat deurlopend deur die staat aangepak word en byna almal teen koste ten beste ver oor die begrote koste voltooi word, maar in te veel gevalle nooit voltooi word nie. En dit ten spyte daarvan dat die swart ekonomiese bemagtiging (SEB)-tenderpreneurs reeds ten volle betaal is en reeds blinknuwe motors aangeskaf het.

Die skrille kontras skep meestal afguns. Dit verduidelik waarom Panyasa Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, verlede jaar nadat hy verby die kampusontwikkeling gery het, op sosiale media tekere gegaan het oor “Afrikaners se pogings om ’n universiteit net vir wittes te begin”.

Die ironie is die Sol-Tech-kampus is nie ’n universiteit nie, maar ’n kollege wat voorsien in Suid-Afrika se nypende tekort aan gekwalifiseerde ambagslui, wat verlede jaar geraam is op 40 000.

Solidariteit het besef sy stryd teen regstellende aksie behels ’n regstryd en ’n politieke stryd, maar dat die sekerste manier om diskriminerende rassemaatreëls te klop en tegelyk jou ledebasis te versterk, is om hulle toe te rus met ’n skaars vaardigheid wat hul kans om werk te vind met 100% verhoog.

Die voorsitter van die Solidariteit Beweging het in ’n stadium aan ’n eweknie uit die Cosatu-stal gesê die groot verskil tussen Solidariteit as vakbond en sy sosialistiese mededingers in die Cosatu-stal lê daarin dat Cosatu sy lede vir maande lank sal laat staak, sonder vergoeding, om ’n 10% verhoging te kry.

Solidariteit, daarteenoor, gebruik sy lede se bydraes om opleiding en beurse te verseker waarmee hulle hul kinders se inkomste met 300% kan verhoog.

Meer oor:  Willie Spies  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.