Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Net A-Z van ANC in VS nog nie in die selle
Charles Smith

Met die nimlike Olly en span comrades wat aangekla is, kan ons in die Vrystaat nou met twee Curriebekers spog: Een vir rugby en nog een vir korrupsie.

Ons weet nou hoekom die gevangenes in ons tronke oranje oorpakke dra. Want die meeste is van die Vrystaat. Hulle kan agterop elke oorpak skryf: Geborg deur Ace.

Omtrent die hele topbestuur van die Vrystaatse departemente van landbou (vir die Vrede-suiwelskandaal) en behuising (vir die asbes-skandaal) is al aangekeer. Hulle kan sommer takvergaderings van die ANC in die tjoekie hou.

Dit is nogal ironies dat Olly Woensdagoggend in hegtenis geneem is, dieselfde tyd dat die radikale ekonomiese faksie van Ace en Zuma in die ANC die Mangaung-raadsvergadering geboikot het omdat hulle eis dat Olly weer as burgemeester aangestel word. Eisj, dit is nogal radikale slegte tydsberekening, nè.

Saans kan hulle in die koue selle luister na die kore van die armes en die hongeres in die townships waar rioolvuil deur strate vloei.

In rugbyterme is daar omtrent al ’n A-span onder die Vrystaatse comrades aangekeer om die hofbanke warm te hou. Dit is nog net die kaptein en spanbestuurder wat kort, sê die mense in Castro City (voorheen Bloem). Julle kan maar praat van die A-Z van die ANC wat kort, as julle tussen die lyne kan lees. Saans kan hulle in die koue selle luister na die kore van die armes en die hongeres in die townships waar rioolvuil deur strate vloei, huise intuimel en die werkloses bedel vir brood of papgeld vir hul huilende kinders.

Gepraat van Olly. Die VF Plus in die Mangaung-raad verdien nog ’n medalje dat hulle die mosie van wantroue teen haar kon laat slaag en sy uitgeskop is. Dit wys wat kleiner partye kan doen om die koevoet in die breuk tussen die faksies in die ANC te kry.

Ek het daardie hol gevoel op die maag gekry toe ek hoor die Valke slaan toe op politici en amptenare. Dit is die beeld wat die wêreld van die Vrystaat het: ’n Staat geplunder deur die ANC in die bewind van Ace. Die plek waar staatskaping uitgedink, vervolmaak en steeds in volle gang is.

Ons het geweet Saru gaan ons skroef. Dis maklik om die ouens van die platteland ’n middelvinger te wys, Jurie.

Dit is dieselfde gevoel wat ek gekry het toe ek op Oranje Maandag voor die Curriebeker gestaan het. Ons het geweet Saru gaan ons skroef. Dis maklik om die ouens van die platteland ’n middelvinger te wys, Jurie.

Ons is uit die Pro14-reeks en sal dalk sonder ’n borg moet klaarkom. Dit maak my bitter dat dié span wat met briljante rugby die Curriebeker gewen het, gaan sukkel om te oorleef. En dat korrupte politici die provinsie leeg steel. Miljarde rande is glo in buitelandse rekenings of vermors, geld wat ons kon red.

Vir Saru en die politici wil ons sê: Hou die Toyota Cheetahs in die Curriebeker dop. Die ouens gaan alles gee vir hul trui, hul span en hul provinsie. Geld is nie alles nie. Eerbaarheid, etiek en liefde vir die spel is. Min ouens kan dit deesdae in Suid-Afrika sê. Vir Toyota wil ons vra: Bly by ons, asseblief. Die Vrystaat is Toyota-wêreld. Kom ons laat dinge hier reg loop.

Meer oor:  Charles Smith  |  Korrupsie  |  Cheetahs  |  Politici  |  Curriebeker  |  Staatskaping  |  Selle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.