Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Net dalk lag hy in sy mou vir al die ontledings
Barnard Beukman

Vanaf beëdiging getel is pres. Cyril Ramaphosa vandag reeds 24 dae in die amp.

Twee ander gereelde skrywers sal ook in die nuwe weeklikse rubriek op Saterdae deel. En soms sal ons ’n ad hoc-gas innooi. Dit alles om ’n vinger op die pols te hou van wat uit die land se hoogste kantoor ontvou – Ramaforie of nie.

Indien hy in sy warrelwind eerste klompie dae wel tyd gehad het om die talle ontledings oor homself te lees, kan hy dalk nou net in sy mou lag.

Die groot aanklag teen hom, wat volgens sommige ontleders die Ramaforie-wittebrood met een slag beëindig het, is die behoud van karakters soos

Bathabile Dlamini, Nomvula Mokonyane en Malusi Gigaba in sy eerste kabinet.

In Beeld het ons reeds met die ontleding verskil. Want dit sou beteken in ag genome die uitslag van die ANC se konferensie en sy naelskraapse oorwinning het hy wel beweegruimte gehad om net sy binnekring in die kabinet aan te stel. Nie eens Theresa May, Britse premier, of haar voorgangers kon dit ooit doen nie.

Die verskil is dit gaan hier oor korruptes en staatskapers. Maar dis die interne opposisiekamp wat Ramaphosa gekry het. En juis die rede waarom hy dalk begin lag.

Gigaba het vandeesweek van voor af vasgeval in die Gupta-dryfsand van sy nuwe en vorige ministerskap van binnelandse sake. En kruip nou agter ’n doktersbrief weg eerder as om die Guptas se kwessies aan die parlement te verduidelik.

Vir Dlamini wil die Sassa-spook oor staatstoelae net nie gaan lê nie.

Vir Dlamini wil die Sassa-spook oor staatstoelae net nie gaan lê nie. Sy sit en wag op oudregter Bernard Ngoepe se verslag of sy aanspreeklik is vir regskoste uit haar eie sak. En ook Mokonyane was vandeesweek in ’n voortgesette kat-en-muis-speletjie met die parlement oor die gemors wat sy by water en sanitasie agtergelaat het. Voorts het die eens magtige premiersliga een van hul slegste weke agter die rug, onder meer met ’n klopjag op die kantoor van Supra Mahumapelo, Noordwes se premier.

Terwyl die wiel vir hulle begin draai, het Ramaphosa Woensdag in sy Kaapse kantoor, Tuynhuys, aan verteenwoordigers van die graderingsagentskap Moody’s gesê die ondersoek na staatskaping “vorm deel van die regering se uitnodiging aan beleggers”.

Vroeg dieselfde dag het hy op een van sy oggendstappies van Khayelitsha tot by Mitchells Plain ook gesê daar moet “ontslae geraak word van mense wat staatsbronne misbruik het en vir ons daaroor gelieg het”.

’n Bron sê Ramaphosa was nie deel van die ANC-koukus se besluit om die EFF-grondmosie te ondersteun nie.

Wel, as dit sy modus operandi is om met die korrupsiekamp te handel, sal dit interessant wees om te sien hoe hy die EFF-grondperd gaan ry.

’n Bron sê Ramaphosa was nie deel van die ANC-koukus se besluit om die EFF-grondmosie te ondersteun nie. En het tussendeur ander verpligtinge daarvan gehoor.

Aan Moody’s het hy gesê “grondhervorming sal binne ’n duidelik wetlike raamwerk ontvou sonder enige negatiewe uitwerking op ekonomiese groei, landbouproduksie en voedselsekerheid”.

Maar terwyl hy die reeds bekende rympie herhaal het, moes hy die skeptiese uitdrukkings van sy gaste kon sien.

Vroeg in 2017 Z nog diep binne die Jacob Zuma-era Z was die meeste Afrikaanssprekendes negatief oor vooruitsigte onder Ramaphosa, blyk uit die Groot Afrikaanse Meningspeiling, wat Saterdag bekend gemaak word.

Het dié houding al ná sy eerste 24 dae verander?

Gesels gerus saam.

  • Beukman is redakteur van Beeld.
Meer oor:  Barnard Beukman  |  Cyril Ramaphosa  |  Presidentskap  |  Kabinet  |  Regering  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.