Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nie net Beloftemaker

Dit is ’n gewilde ding om te sê jy staan op die Here se Woord. Of om te sê jy het die een of ander belofte by Hom gekry. Is dit dalk hoekom sommige meer weet van God se beloftes as van sy teenwoordigheid hier en nou?

Om God te verklein tot ’n Beloftemaker is om sy rol as Heer en Hemelse Vader oop oë mis te kyk. Dink maar hoe jy self sal voel as jou familie gedurig vir almal vertel van al die beloftes wat jy aan hulle gemaak het en waaraan hulle vashou, sonder om ooit te praat oor jou mooi verhouding met hulle. Sal jy dan nie wil uitroep jy is meer as ’n klompie wandelende beloftes nie?

Dit geld God ook. Hy wil nie net bekendstaan vir sy beloftes waaraan ons moet vashou nie. Hy wil bekendstaan vir sy voltydse nabyheid aan ons. God is ons Hemelse Vader. Hy is naby aan ons, só naby dat Hy selfs die hare op ons kop tel. Weet dit en leef. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.