Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
NIE VIR SENSITIEWE LESERS: Liefdemaak in die tyd van korona

Ons het nou al gepraat oor kosmaak in die tyd van die koronavirus en van geldplanne maak, maar wat van liefdemaak in hierdie wilde, woeste tyd? Is dit enigsins moontlik, vra Erla-Mari Diedericks.

Erla Mari-Diedericks

Wel, waar daar ’n wil(ly) is, is daar altyd ’n weg.

Eerstens, die maklike scenario: Jy is getroud. Kom ons veronderstel julle deel ’n bed en vertroue. As julle nou al vir drie maande saam ingeperk was en niemand gaan koop kruideniersware daarbuite of gaan werk in ’n kantoor of met publiek nie, is julle redelik veilig.

Volgens die meeste internasionale gesondheidsowerhede kan julle dan maar voortbons in die bed soos gewoonlik. Maskers is dalk nie nodig nie, maar onthou ander voorsorgmaatreëls as julle nie met ’n korona-baba wil opeindig nie.

Op ’n ernstiger noot, mediese kenners is ook nog nie seker of die koronavirus wel deur sperm oorgedra kan word nie.

Getroude mense en diegene wat saambly, is gelukkig, want hulle het iemand om te gryp. Dit is nou as hulle nog seks het. Of enigsins nog met mekaar praat ná hierdie ingehokte tyd.

As jy egter enkellopend is, is jy in jou peetjie. Die meeste verantwoordelike enkellopendes sit maar die afgelope tyd droëbek.

Maar julle weet hoe mense is. Die drange praat, die koerasie raak hoog – veral ná drie maande sonder enige kontak met die teenoorgestelde geslag – en die kop hou op met dink en die lyf begin sy eie ding te doen.

Dit is waarom die internasionale gesondheidsowerhede begin het om mense raad te gee oor hoe om koronaseks te hê – wat vir my baie klink soos ’n kruising tussen ’n hospitaaloperasie, kinkygeite en ’n wonderwerk.

Die raad maak op die oog af sin. Dra maskers. Geen gesoen word toegelaat nie, want dit dra speeksel oor. Maskers, by the way, moet die hele tyd gedra word. Wat beteken dat voorspel sekere stappe sal moet uitsluit. As jy weet wat ek bedoel. (Oogknip).

En as julle albei nie snak en hyg na jul asem nie, meneer, dan doen jy dit verkeerd!

Maar sê nou maar jy skip die soen en die voorspel en jy spring sommer reguit in die bed, moet jy dan nog steeds maskers dra?

Ja! Want, sê die kenners wat weet, ’n mens hyg en haal hard asem en party van ons gil dat die spoeg spat en niemand wil besmet word met koronaspoeg nie!

En as julle albei nie snak en hyg na jul asem nie, meneer, dan doen jy dit verkeerd!

Mense wat al gevry het tydens korona, sê dat die maskers nie te erg is nie. Party dink inderdaad dis selfs kinky. Sixty shades of . . . en al daai. Daar is selfs mense wat nou sexy maskers begin maak juis vir die slaapkamer wat nogal baie lyk asof jy ’n sexy panty gevat en dit sommer as een ingespan het.

Waar die wonderwerk-gedeelte inkom is die “raad” wat gegee word om posisies te probeer wat gesig-tot-gesig-kontak vermy.

Die eintlike skrif aan die muur is egter dat die veiligste seks in hierdie tyd geen seks is.

Die doeltreffendste manier om gesigskontak te vermy, is om meer agteraf te werk te gaan . . . as jy weet wat ek bedoel. Maar wat my baie laat kopkrap, is die gepraat van muurseks.

Blykbaar kan jy ’n muur gebruik om kontak te vermy – ’n muur? Dalk mis ek iets, dalk is ek nie avontuurlik genoeg nie, maar ek verstaan nie hoe ’n muur sal werk nie tensy daar ’n gat in is.

Die eintlike skrif aan die muur is egter dat die veiligste seks in hierdie tyd geen seks is. Dus moet jy die pot maar eerder op jou eie roer, of jou eie vere pluk.

Maar as die pot begin oorkook en die hoender nou al kaal gepluk is, sit dan maar die maskertjies op en onthou: Vat iets saam wat ’n gat in ’n muur kan boor.

* Diedericks is ’n redaksielid van Netwerk24. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.