Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nog ’n geldskandaal gaan SA binnekort ruk

Nog ’n geldskandaal gaan SA binnekort ruk

Dit is die verhaal van oorsese toere waar kontant saamgeneem is vir etes, maar dan word dit met die amptelike kredietkaart betaal. En die kontant verdwyn dan. So baie kontant is getrek dit moes soms in swart sakke gedra word. Werknemers moes ook vir hul aanstellings betaal en selfverryking was heeltemal op die Gupta-standaard.

Die vraag is dan, natuurlik, waarom was die beheer oor geldsake so swak dat bestuurslui dit nie agtergekom het nie? Gaan hulle vir nalatigheid vervolg word? Of was een of meer van hulle betrokke by die stelery en word ook ondersoek? Nog ’n staatsdepartement? Of ’n staatsonderneming? Of nog ’n Steinhoff of KPMG in die private sektor? Nee, een van ons land se top rugby-unies. Daar was al berigte en die Valke het toegesak. Nou wag ons.

Verbitterde Supra dreigSupra Mahumapelo, voorsitter van die staande komitee oor toerisme in die parlement, is verbitterd omdat hy as Noordwes-premier uitgewerk is. (Daar waar kamerade waterpompe gesaboteer het om waterlorriekontrakte te kry). Hy sê hy sal homself nooit weer uit ’n amp laat werk nie en dat ANC-leiers (lees CR) wat nie beleid toepas nie, in die spervuur is. Hy soek duidelik Noordwes se verskroeide aarde oor die hele land.

Persone van die Jaar

RAAKVATTER: Hany Abo Rida, Egiptiese sokkerbaas, wat bedank het ná sy span se skoknederlaag teen Bafana Bafana – omdat “dit my morele verpligting is”. Heelwat sportbase en politici kan hieruit leer.

NAT VADOEK: Bruce Koloane. Hy moes eers na opnames van sy eie telefoongesprekke luister om te onthou hy het “Nommer Een” se naam gebruik vir die Guptas se Waterkloof-landing. Wie glo hom?

Elmarie skryf ope brief

Elmarie Crous van Garsfontein rig vandag via Lood ’n ope brief aan die politieke owerstes: “Liewe regering, van ons het ons geldjies bymekaargeskraap om Desember vir ons kinders wat in die buiteland moes gaan werk, te gaan kuier. Die minste wat julle kan doen, is om te sorg dat die rand sterker is teen daardie tyd.” Wel Elmarie, ons sal kameraad Ace se mond moet toebind vir ’n begin. En hoop Donald Trump gedra hom en dan kies die Britte nog premier ook . . .

Stuur gerus bydraes na lood@beeld.com of SMS na 45571 en staan die kans om lekker boeretroos en jou eie Lood-beker te wen.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.