Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Noon Gun’ kan die magtige dreuning inlui
BlouWillem

As daar nou een ding is wat om baie verstaanbare redes nie baie goed suid van die Hexrivier afgaan nie, is dit simpel grappies oor die waterskaarste en Dag Zero.

Soos byvoorbeeld dat die spietkops motoriste aftrek, toets en beboet as hulle meer as drie glase water gedrink het.

Of dat die stadsraad van Kaapstad die slangvanger wat die geelslang by die skool in Bloemfontein gevang het, gaan invoer om die Kapenaars se tuinslange uit te roei. Of dat Franco bereid is om Rassie daar in die Kaap te gaan help met die Bokke, maar dat Saru se voorwaarde is dat hy sy eie water moet saambring.

Maar omdat ons weet dat dit slegte smaak is, sal ons nie sulke grappies oorvertel nie.

Wat skrikwekkend is, is die moontlikheid dat elke siel daar in die Kaap op dieselfde oomblik by sy of haar toilet op aandag sal moet staan en op die telling van drie die ketel sal moet spoel.

Oom Johnny sê hy wonder net of al die ooms se konstitusies sal kan saamwerk en of die “Noon Gun”-

kanonne daar op Seinheuwel afgevuur sal word om saam met die sing van “En hoor jy die magtige dreuning” die daaglikse hoogtepunt aan te kondig?

kanonne daar op Seinheuwel afgevuur sal word om saam met die sing van “En hoor jy die magtige dreuning” die daaglikse hoogtepunt aan te kondig?

Dié bra onplesierige gedagte het my laat terugdink aan my koshuisdae, toe die dameskoshuise saans soos nagtegaaltjies by ons kom sêr het.

Die tradisie was toentertyd dat ’n eerstejaar in elke bungalow by die ketel op aandag sit en dan met die laaste, roerende akkoorde wat wegsterf in die stil naglug 19 kettings gelyk trek.

Ná meer as 40 jaar sal ek nou maar toegee dat dit seker taamlik ongevoelig van ons was, maar daai tyd het ons geglo dat daar selfs in die staatsoperahuis in Wenen nie ’n groter eerbewys en ovasie kon gewees het nie.

Besprekings van sake van ernstige landsbelang was dus uiters droog en selfs die humor van die droë variëteit.

As blyk van meelewendheid het die nasionale uitvoerende komitee van Saddam (Suid-Afrikaanse Direktoraat van Deugniete en Ander Maaifoedies) besluit dat die Gifkoppe op die afgelope naweek se geheime verrigtinge die absolute minimum water sal gebruik en streng kontrole is uitgeoefen.

Die gevolg was dat die Gifkoppe net ys by hul drankie (wat beperk was tot een sopie per Gifkop) mog gooi en eers weer in hul tuisdorp kon gaan stort. Besprekings van sake van ernstige landsbelang was dus uiters droog en selfs die humor van die droë variëteit.

Saddam het die regerende party versoek om ’n soekgeselskap te reël om uit te vind of Nommer Twee hom steeds in Davos bevind en om, wanneer hulle hom vind, uit te vind waarom hy vir Ace en Jessie Dwarsie toelaat om alleen die land se tamboere te slaan, want ons Ace om te dink watter chaos daar weer in onse parlement gaan heers as Nommer Een sy lyksrede daar sou durf lewer.

Verder is die regerende party versoek om die volk in te lig wie tans die land regeer (dis nou as húlle weet).

Meer oor:  Blouwillem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.