Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Noord-Korea se bedreiging nie besweer

Vandeesweek se missieltoets in Noord-Korea beteken dat dié land se diktator, Kim Jong-oen, sy vinger in pres. Donald Trump se oog steek. Dis ’n boodskap, maar wat is die inhoud van die boodskap?

Luidens die Noord-Koreaanse verklaring oor die toets gaan dit om ’n taktiese missiel. Dit is geen kernbomtoets nie, en die missiel is – as die Noord-Koreane die waarheid praat – ook nie in staat om Amerika te tref nie.

Op die spitsberaad verlede jaar in Singapoer tussen Kim en Trump het Kim onderneem om sy interkontinentale missiel- en kernbomtoetse te staak en sy kernwapenvermoë uit te faseer. Vandeesweek se toets oorskry dus nie die Singapoer-grense nie.

Terselfdertyd het die Noord-Koreane te kenne gegee hulle wil nie verder met die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, praat nie. Hulle soek iemand “wat versigtiger en meer volwasse in kommunikasie” is – waarskynlik bedoelende Trump self. Dit is waarskynlik die resultaat van die handskoentjies en vleitaal waarmee Trump Kim behandel, en die bot manier waarop Pompeo dikwels optree.

Daarmee verbreek Kim wel die géés van sy eie beloftes. En dat hy meen Trump sal dit maar aanvaar, is ook veelseggend.

Dit wys ook dat Kim meen hy kan Trump makliker as Pompeo ’n rat voor die oë draai. Want al het Kim hom tot dusver by die letter van sy vae Singapoer-beloftes gehou, wys satellietfoto’s dat die werksaamhede by kernwapen- en missielinstallasies eenvoudig voortgaan.

Daarmee verbreek Kim wel die géés van sy eie beloftes. En dat hy meen Trump sal dit maar aanvaar, is ook veelseggend.

As die geskiedenis sedert 1950 – toe Noord-Korea sonder waarskuwing Suid-Korea binnegeval het – één ding wys, is dit dat jy die Noord-Koreaanse diktatuur nie agter jou rug kan vertrou nie. Hul strategie sedertdien was duidelik ’n fyn uitgewerkte wisseling tussen mooi woorde en allerlei beloftes waarmee tyd gewen kan word, en uitdagende provokasies.

Eers konfrontasie, dan glimlagge en jovialiteit, en vervolgens begin die provokasies weer.

Dit lyk of Kim se kontakte met Trump presies in dié patroon pas. Eers konfrontasie, dan glimlagge en jovialiteit, en vervolgens begin die provokasies weer.

Kim se allerbelangrikste strategiese doel is die oorlewing van sy eie regime. Die besit van kernwapens is daarvoor die beste waarborg.

Dis ondenkbaar dat hy afstand daarvan sal doen sonder drastiese toegewings en ystersterke waarborge van Amerika en die internasionale gemeenskap. Dis hoogs te betwyfel of selfs Trump daaraan sal kan voldoen.

Trump – of enigiemand wat die Amerikaanse presidentskap beklee – móés nou eenmaal ’n poging aanwend om ’n vreedsame ooreenkoms met Kim te bereik. Trump se naïwiteit het egter geblyk toe hy al ná die Singapoer-beraad oor sy “sukses” gekraai het. Daardie borrel is by die tweede beraad in Hanoi wreed geprik.

Vandeesweek se provokasie wys dat die probleem van Noord-Korea se bedreiging nog lank nie besweer is nie. En vir ’n militêre inval in dié diktatuur sal ’n prys betaal word wat selfs Trump nie sal kan betaal nie.

Meer oor:  Amerika  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.