Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nou kan jy en ek besef Wie die Here werklik is

Besef jy werklik Wie die Here is? Dink aan jou lewe die afgelope week, het jy geleef soos iemand wat bewus is van Sy heiligheid?

Die heiligheid van die Here wat in hierdie gedeelte beskryf word, laat ons keel toetrek.

Die oordeel wat Hy oor hierdie mense uitspreek in vers 1 tot 5 en 12 is verskriklik.

Kyk net wat sê die Here in vers 12. Nadat Hy reeds al die verskriklike dinge in vers 6 tot 11 toegelaat het, sal Hy alles weer aan hulle doen.

Wat was die sonde van Israel? Hulle lyk vanuit ’n menslike oogpunt baie toegewyd. Soos vers 5 sê, het hulle nie net die voorgeskrewe offers gebring nie. Hulle het dankoffers en vrywillige offers gebring. Dit is nie van hulle verwag nie. Hulle het dit uit vrye wil gebring.

Israel het nie meer die offers vir die Here gebring nie. Hulle het dit gedoen om deur ander mense raakgesien te word. Hulle het vergeet Wie die Here is.

Dink uit ’n menslike perspektief oor die straf van die Here. Ouers kry nie lekker wanneer hulle hul kinders straf nie. Tog weet hulle dit is noodsaaklik om daardeur hul kinders te red. Die Here is ons almagtige Vader. Sy hart breek met elke seer wat sy kinders beleef.

Tog sal Hy dit toelaat indien dit hulle kan red. Hy sal tot toelaat dat sy eie Seun sterf vir sy uitverkore kinders.

Die straf wat die Here sê Hy sal dit alles weer doen, hét Hy weer gedoen aan Christus. Nou kan ek en jy besef Wie die Here is. Hy is die Here die Almagtige. Hy is heilig. Hy is my Vader.

Uit die Woord: Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, Here God van die leërskare, is sy Naam!– Amos 4:13

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.