Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies
Nou vat sommige die ou vlag op Stem-roete

Nou vat sommige die ou vlag op Stem-roete

Tot so drie jaar gelede was “Die Stem van Suid-Afrika” glad nie op enige plek in die spervuur nie. Verskeie Afrikaanse sangers het dit graag ingesluit as hulle byvoorbeeld ’n sangaand van  historiese Afrikaanse liedere gehou het. Toe storm een van hul medekunstenaars in en wend dit aan op ’n manier wat deur vele ander Suid-Afrikaners – ten regte of onregte – as protes teen gelykheid vir almal gesien word. Dit het die lied so in omstredenheid gedompel dat dit uit baie programme verdwyn het.

Nou wil sommige heethoofde – wat in elk geval openlik deur blatante rassisme gedryf word – die vlag tot by die verbod-punt dryf. Ander wat die vlag vir positiewe, sentimentele redes wil onthou – soos Jaco Mulder, die VF Plus-leier in Gauteng – swyg gewoon oor die feit dat sommige dit as ’n simbool van brute onderdrukking sien. Hoe uitdagender dit geswaai word, hoe meer word dit ’n teiken.

Die ‘ou Cyril’ is nou terug

Die “ou Cyril” is terug, meen een van die dikmat-lopers dié week oor ’n glasie hardehout. Amper soos in die dae van die grondwetlike onderhandelings – hy slaan onverwags toe en maak sy skuiwe in die vorm van groot spronge. So skep hy sy eie momentum. Soos nou met die aankondiging van sy “A-span” – ’n kastig protesterende Gwede Mantashe ingesluit. Hy het byna die hele ANC heeltemal onkant betrap.

Jacques Pauw.

Persone van die Week

RAAKVATTER: Jacques Pauw. Wanneer laas was ’n boek uitverkoop by die amptelike bekendstelling? Hy is ook tot held verklaar deur mense wat anders gereageer het op sy Vlakplaas-onthullings .

NAT VADOEK: Boris Johnson, Britse minister van buitelandse sake. Sy uitlatings oor Nazanin Zaghari-Ratcliffe, ’n Britse vrou in aanhouding in Iran, het haar situasie net vererger. Hy is uit sy diepte.

Vlag ontbloot fopdossers

Nie net het The Star ’n fopnuusfoto van die ou Suid-Afrikaanse vlag by die onlangse #SwartMaandag-optogte geplaas nie. Joernaliste in verskeie hoofstroommedia – druk- en aanlyn media en televisie – het in dié strik getrap. Dit is van die gevolge van sommige mediabase se denke so vyf jaar gelede dat grasgroen snotneus-aspirant-joernaliste elke halfuur moet twiet voordat hulle dink. So bou hulle hul eie gebrek aan geloofwaardigheid. Soek hulle self op.

Dankie aan Danie Verster vir die Twitter-lys. Verdien soos hy ’n Beeld Speletjiesboek deur bydraes te stuur na lood@beeld.com of per SMS na  45571 met die woord Lood vooraan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.