Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nuwe groeipunt of tydelike tuiste vir stemme?

Wat met twee ander partye gebeur het eerder as enigiets wat die IVP self gedoen het, het waarskynlik by verstek bygedra tot dié party se beter vertoning vanjaar.

Die eerste is die ineenstorting van die Nasionale Vryheidsparty (NVP), wat in 2011 as ’n wegbreekgroep uit die IVP ontstaan het. Van die 288 472 stemme wat dié party in 2014 gekry het, het nou net 61 220 oorgebly. ’n Goeie aandeel van die IVP se styging van 393 494 kiesers in 2014 tot 588 046 nou kon dus uit dié oord gekom het.

Die ANC het in 1994 slegs 32% van die stemme in KwaZulu-Natal gekry en dit verkiesing ná verkiesing uitgebou tot die 64%-hoogtepunt onder Jacob Zuma se presidentskap in 2014. Die tien persentasiepunte waarmee die ANC vanjaar teruggesak het, kon ook tot die IVP se wins bygedra het.

Dr. Mangosuthu Buthelezi, die party se uittredende leier, word vanjaar 91 en sy teenwoordigheid as parlementslid sal toenemend simbolies word.

Baie van die party se toekomstige dinamika sal afhang van die energie en rigting wat die nuwe leier bring, ook hoeveel werklike fokus daar op nasionale kwessies gaan wees eerder as streek- en etniese kwessies, veral oor tradisionele leiers se grondregte. Die mate waarin ander partye, soos die DA of die ANC, hom gaan nodig kry vir koalisies ná 2021 se munisipale verkiesing sal ook ’n rol speel.

Dr. Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier.

Die party is nie net nou die nuwe amptelike opposisie in KwaZulu-Natal nie, maar het sy getal LP’s van tien tot 14 vermeerder.

In die parlement het die IVP nog nooit daarvan weggeskram om die ANC sterk te pak nie en hy neem onder meer standpunt in teen pogings tot oormatige staatsinmenging.

Van die toekomsvrae wat oor die party hang, is of ’n sekere groep kiesers dit nou bloot as ’n nuttige alternatief gesien het en of dit ’n hergeboorte is van ’n nuwe groei-era, al is dit hoofsaaklik as ’n soort nasionalistiese streekparty. As dit skielik beter gaan met die ANC en/of die DA, of daar kom ’n nuwe streekmededinger, gaan die stoom dan nie weer afblaas nie?

Die antwoord is waarskynlik so een verkiesing weg.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Verkiesing 2019  |  Rubriek  |  Mening  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.