Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
O waar het ek daardie stukkie lap gebêre?
Blou Willem

Ek sit op hierdie oranje (soos die sonsopkoms), blanje (soos die binnekant van my kop), Blouwillemaandagoggend met ’n groot dilenemma.

My probleem is die volgende: Ek is een van daai ouens wat wéét waar my goed is en as dit nie dáár is nie, dan is dit weg.

Ek kan met ’n kragonderbreking soos ’n blinde net voel, dan het ek die flits, motorsleutels, pantoffels, noem maar op. Maar soms, net soms, is iets van my regtig skoonveld, goners, weg en dan is daar net een raad, naamlik vra vir Dorothy.

Nee, Dorothy is nie ’n waarsegster nie, maar ons liewe huisengel wat ons kinders help grootmaak het en selfs beter as ekself weet waar mý goed is.

En nou my dilenemma: Toe oupa Piet oorlede is, het ek ’n klompie van sy goeters uit sy veelbewoë polisielewe geërf, soos sy laaste pet, sy offisierstaffie met leer oorgetrek, ’n seremoniële sabel en sy paar rye medaljes.

As jy mos meer as 40 jaar in ’n huis bly, is daar heelwat verrassings, veral in daai kaste bokant die kaste.

Ja, en ek wil my verbeel ’n dubbelgrootte ou landsvlag, wat ek nooit weer gehys het nie en nou weet ek nie waar ek dié gewraakte stukkie lap gebêre het nie.

As jy mos meer as 40 jaar in ’n huis bly, is daar heelwat verrassings, veral in daai kaste bokant die kaste.

Maar nou kan ek nie vir Dorothy vra om die vlag te soek nie, want wat gebeur as sy hom kry, haar uitasem skrik en, die ergste, dink dat ek kwaad is vir haar en haar selfs hatig aanspreek.

So nou los ek hom maar net daar (waar dáár ook al is), maar wil betyds vir my nasate sê: As ek die dag nie meer daar is nie, pa was kwaad vir niemand nie, ek wou net nie ’n ding waarvoor jul oupa so lief was sommer net in die asblik gooi nie.

Pa hoop julle sal verstaan.

O ja, en die klein vlaggie wat pa in 1961 gewaai het met oom Blackie se inhuldiging moet ook êrens wees, waar weet ek nie, maar moet liewer nie vir Dorothy vra nie. (1928-2019 RIV.)

Dan is daar natuurlik nog iets in my huis wat eendag baie vrae kan wek.

Toe ek nog jarre en jarre gelede die tandemuis was, het ek elke klein melktand van my drie telgies in afsonderlike filmhouertjies gebêre. Enersyds omdat ek (synde die muis) daarvoor betaal het en andersyds omdat ek maar net my ou kindertjies langer in die huis wou hou.

Seun, wat dié simpel, dom sentimentaliteit moeilik kan verstaan, reken dat as ek siek begin voel, ek eerder van die tandjies ontslae moet raak.

Die gevaar is volgens hom dat argeoloë wat oor 500 jaar ons huis gaan raak grawe, seker sal wees dat hier ’n mensvreter gebly het wat net kindertjies op sy spyskaart gehad het. Jigggg, nee, Seun! Jigggg, nee, Pa!

Oom Johnny sê hy wonder nou net wat is ná Die Stem: boeremusiek, De la Rey of koeksisters?

Meer oor:  Blou Willem  |  Ou Vlag  |  Landsvlag  |  Tandemuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.