Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Om inne lyn te staan is soes om te droem

Ek solve die wêreld se problems in my slaap.

Whenever ek inne bank staan, wonne ek hoekom ekkie meer bank toe kom ie. Is soe stil en skoon hie. Is soese heilige plek waa ammel hulle prayers whisper. Dan stap daa ’n middle-aged man in by die deu mette ’n groen T-shirt an, mettie woorde voo op innie Comic Sans font getype: “When this T-shirt turns green it means I’m horny.” Nou dink ek: Daa issit, finally die ding wat ek al soe baie kee ge-try et om in woorde te sit.

Dai is my problem mettie rhetoric van mense wie praat van revolution, mense wie die minds vannie masses wil free, die proletariat wil ­liberate en so forth. ’n Mens kannie ees mense convince om op te hou sukke T-shirts te dra nie. Die T-shirts lat my begin dink oo klere, it lat my begin dink oo die bank teller se blou tie, Yann Martel het gesê: “I have nothing to say of my working life, only that a tie is a noose, and inverted though it is, it will hang a man nonetheless if he’s not careful.”

Dai lat my try om te onthou wat Mandela oo ties gesêrit, en dai lat my dink an Madiba magic. Die clue was innie naam. Wan magic is predicated op misdirection. Magic consist yt twie parts: Charm en sleight of hand. Soe move my thoughts as ek inne lang lyn staan. Ek kan heeldag die game speel.

Dai is wanne die stream of conscious most elegantly flow deu my...

Ek hou daavan om seemingly disparate dinge te lat connect met mekaa soese glass bead game. It help my om ­sense te maak ytie wêreld. Dai is hoekom as ek inne plek in kom en ek sien ’n lang lyn, breathe ek ’n sigh van relief. Oppe goeie dag, ve al oppe pay dag, gan jy niks minner asse halfuur daa staan ie, miskien 45 minutes as die plek short-staffed is.

Ek is sieke al mens innie wêreld wie hou daavan om in lang lyne te staan. Ek isse patient mens, ek het generally ’n ­generous attitude toward die mundane activities waa yt die everyday bestaan. Maa die skill daavan om in lang lyne te staan het ek innie kêk gelee.

Toe ek nogge kind was, toe ek nog kêk toe geganit. Ek het gou gelee jy kan sit innie kêk en annie wêreld dink. Ôs het innie pentecostal kêk groot gewôd. En niemand hou soe baie van kêk hou soes pentecostal mense nie. Ammel wiet wanne die kêk begin, maa ammel het net ’n vague concept van wanne die diens klaa gan wies. Jy wiet net it gannie minner as vyf ure wies ie.

Ek hou van ienagge tyd wat ek wiet niemand gan my nou pla nie, niemand gan suggest dat jy multi-task tewyl jy innie lyn staan ie. Niemand gan sê jy kan mos soelank jou emails reply of notes maak vi jou next column tewyl jy waggie, ammel wiet om inne lyn te staan isse wêk op sy eie. En it isse wêk wat ek bieter doen as ienagge mens.

Om inne lyn te staan is soes om te droem vi my.

Ek is untethered van my surroundings as ek inne lyn is, ek het niks desire om voo innie lyn te kom ie, ek tel nooit hoeveel mense voo my issie, en even as iemand voo my inbas innie lyn, let ek’et ie ees oppie, en wannne ek et oplet consider ekkie ees om it yt te point ie.

Charles Bukowski se woorde: “Alone with Everybody” kry vi my ’n niewe signifi­cance as ek inne lyn staan, wan dai is presies wat ek is, suspended in tyd tussen die mense voo my ennie mense agte my, ’n break van routine, ’n interruption, ’n ­pause. Om inne lyn te staan is soes om te droem vi my, dai is wanne die stream of conscious most elegantly flow deu my, soese droem omdat ek niks attempt gan maak om te onthou wat ek nou dink ie, en omdat elke kee asse ek in lyn staan ­solve ek al die wêreld se problems, maa vegiet die solutions wanne ek wakke skrik, wanne die vrou by die counter die woorde sê wat die hypnosis briek: “Next, ­please.”

En ek kyk op en daa staan niemand voo my nie.

Meer oor:  Nathan Trantraal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.