Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Om te waag en respekteer soos Fagan en Bizos
Martie Retief Meiring

Ons wil die wêreld reduseer tot ’n skoolspeelterrein waar bendetjies mekaar uitjou of “kanselleer” of ewige wraak van ’n weerligstraal beloof.

Ons haat die verlede. En ons jol soos waansinniges op die punt van ’n naald. Ons demokrasie is in ’n vryval.

As Gawie Fagan hierdie woorde van my moet hoor, sou hy dalk só geantwoord het: Ons is lui. Te lui om te dink. Te lui om te waag. Te lui om te glo.

En sou George Bizos vir ons maan soos hy vir Winnie Mandela gemaan het: “You are undisciplined. You need training”?

Dit het die dood van hierdie twee manne gekos vir ons om werklik te wonder oor die “wonder van ons menswees”. Die een ’n boorling, die ander ’n vlugteling in ’n komplekse, benoude en onregverdige land.

Daar het hy soggens Die Burger met ’n potlood gelees – foute en feite onderstreep.

Om te dink aan hul lewens en hul bydrae is om skaam te word vir die vlak van ons denke, verwagtinge en beskuldigings.

Ek het Gawie goed geken; vir Bizos net by hofsake gesien. Nie een was ’n hierjy-aantrekker of bywoner van gala-aande nie. Al twee was te betrokke by die lewe en die uitdagings van die lewe om stil te bly en die knie te buig voor ongeregtigheid en veral valsheid. ’n Argitek en ’n regsgeleerde klink soos ’n spanning tussen die waagmoedige en die behoedsame.

Tog het hierdie twee manne (ek weet nie of hulle mekaar geken het nie) vir die meeste van hul meer as 90 lewensjare die Suid-Afrikaanse toneel beïnvloed.

Fagan, wat Sondagaand op 94 dood is, het rustig gesterf, met sy ewe merkwaardige vrou, Gwen, steeds by hom.

Hy is ’n gebore Griek. Hy eer demokrasie. Hy veg teen ’n vernietigende apartheid.

Miskien wou hy tog daardie laaste geboue waaraan hy (en Gwen) gewerk het, sien opgaan. Maar die geboue sal opgaan en soos al sy werk sal dit sekerlik getuig van Fagan as die Renaissance-man in ons argitektuur, waarderend vir die oue en gretig vir die nuwe, respekterend van die imposante sowel as die nederige.

Hy en Gwen, sy medikus-landskapsargitek-vrou, kry hul kinders, begin ’n klein boerdery op ’n plot, hulle plant en teël en bou. Hy vlieg sy eie vliegtuig. Hy word ’n seevaartheld. Sy word die gedugste argitektuurhistoriese navorser.

Hulle klim elke dag in Kaapstad die steil, smal trappe in die lieflike ou gebou in Breestraat na hul werkplekke. Hulle gaan eet middagete in die Waterfront – hier was die Fagans baie betrokke.

Hy was gelukkig voor sy klavier – jazz en improvisasies. Sy met haar plante, rose, tuinerye, navorsing. Hul woning, Die Es, in Kampsbaai, word wêreldwyd as argitektoniese prestasie aangeslaan. Daar het hy soggens Die Burger met ’n potlood gelees – foute en feite onderstreep.

Bizos was bekend vir sy stedelike groentetuin. Hy skoffel en laat rank, gee groente-presente. Hy is ’n gebore Griek. Hy eer demokrasie. Hy veg teen ’n vernietigende apartheid.

As daar sulke mense soos Fagan en Bizos was, moet daar tog vandag nog Fagans en Bizosse wees?

Meer oor:  Gawie Fagan  |  George Bizos  |  Martie Retief-Meiring  |  Kampvegter  |  Argitek  |  Inspirasie  |  Figure  |  Leiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.