Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Omvorm skole en keer nog Ace'e en Zumas
Charles Smith

Ouers het met trots hul kinders dié week skool toe geneem sodat hulle eendag dokters, onderwysers of sakelui kan word.

Maar baie van ons het die beklemming om die hart: Al is hulle hoe goed geskool gaan dit hulle nie help om die land te verstaan of die land te red nie.

Ons kinders het wiskunde, skeinat, biologie, rekeningkunde, geografie en Afrikaans en Engels nodig om te kan slaag en as basis vir verdere studies vorentoe te dien.

Elke jaar lewer ons skoolstelsel ’n hele oes briljante leerlinge op met van sewe tot 12 onderskeidings.

Maar ons kweek meestal geleerde, gedissiplineerde oningeligtes wat alles as vanselfsprekend aanvaar.

Ons skoolkurrikulum kort ’n dringende hervorming om kinders te slyp vir die uitdagende dekades wat voorlê. Dekades waarin die aarde gered of verloor gaan word.

Die kinders wat nou skool toe is, moet die aarde red, ons het reeds daarin gefaal.

Die kinders wat nou skool toe is, moet die aarde red. Ons het reeds daarin misluk.

Omgewingsweten­skap met die klem op aardverwarming moet as vak ingebring word. ’n Goeie onderwyser in ’n natuurwetenskapklas sou video’s wys van die brande in Australië en hoe die spelers in die Australiese Ope-tennistoernooi sukkel om asem te haal op die baan.

Ons gaan almal binne ’n dekade só hyg na suurstof.

Neem die kinders na damme, riviere en vleilande om hulle die belang te leer van water en hoe om waterbronne skoon te hou. Ons regering laat ons in die steek daarin. Ek is gek na geskiedenis, maar was geskok om verlede jaar te sien die geskiedenisvraestel in die eindeksamen was vol vrae oor swartbewussyn en die bevrydingstryd. Dit is belangrik, maar waar is die verwysings na staatskaping, swart bemagtiging wat ontspoor het in korrupsie en die ANC wat ons land se toekoms beroof het?

Leer die kinders geskiedenis soos dit ontvou.

Bring politieke wetenskap in op skoolvlak en neem kinders na wetgewers, stadsrade en na organisasies wat ’n rol speel om die land te laat werk. Laat die kinders vrae vra, debatteer, kwessies ondersoek. Ons is in ’n krisis omdat die meerderheid mense die ANC se leuens sluk.

’n Instelling soos die nuwe Reitz Landbou-akademie wat gister begin het met die klem op volhoubare landboupraktyke waar kinders se koppe gedraai word, is wat ons gaan red, nie beleid oor onteiening nie. Die landbou kan vou en miljoene kan deur hongersnood in die gesig gestaar word as plase afgevat word.

Ons moet ’n omgewing skep waar kinders geleer word om ernstig te wees oor hul land en hierdie aarde se toekoms, nie net om politieke partye aan te hang nie. Leer hulle om krities te wees en vrae te vra.

As ons nog Jacob Zumas, David Mabuzas en Ace Magashules kweek met onvoldoende en swak skole is ons gedoem.

Meer oor:  Charles Smith  |  Jacob Zuma  |  Bewaring  |  Skool  |  Korrupsie  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.