Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Onderrig in die taal nodig vir oorlewing

Gert van der Westhuizen is dalk reg waar hy gister hier in sy rubriek aanvoer dat daar tans “dringender dinge” as taal is.

Dit is vandag so, net soos wat dit die geval was in die verlede met sy groot oorloë, droogtes, hongersnood, peste, plae en politieke onstabiliteit. Ons kan egter nie bloot en uitsluitlik in die hier en nou leef sonder om bewustelik verantwoordelik teenoor die toekoms op te tree nie. Daar sal en moet altyd iemand wees vir wie ander dinge ’n groter prioriteit as die behoud van Afrikaans as ’n taal is.

’n Taal het geen waarde sonder ’n voorspoedige, vol lewe nie, en so kan ’n goeie vervulde lewe nie in ’n vakuum sonder taal leef nie.

Daar móét dus proponente en kampvegters vir elke stryd wees, en die sogenaamde selfaangesteldes kan kies waar hul prioriteite lê. Is dit dan regverdig, Gert, om ’n “selfaangestelde” te kritiseer oor sy prioriteitskeuse?

Is dit dan vir hom goed genoeg om vandag nog net in Afrikaans oor geskiedenis te lees – solank daar net nie vandag nog in Afrikaans geskiedenis gemáák word nie?

Het die debat maar bloot gegaan oor die grondige argumente wat hy propageer. Die tekortkominge is nie te vinde in dít wat hy aanvoer nie, maar veel eerder in dit wat hy nié in sy rubriek noem nie.

Hy sprak geen sprook oor onderwys en die waarde van Afrikaans (soos soveel ander tale) as voertuig van moedertaalonderrig nie.

Daar kan tog sekerlik nie ernstig geargumenteer word dat Afrikaans sal oorleef bloot deur Afrikaanse koerante te lees, kunstefeeste by te woon en hier en daar ’n goeie Afrikaanse boek te lees of ’n liedjie te luister nie?

Is ’n Afrikaanse skool dan ’n taboe? Is ’n universiteit wat in Afrikaans opleiding gee ’n taboe? Hoe lank sal Afrikaans oorleef sonder opleiding en opvoeding in Afrikaans? Of moet ons verlief neem dat Afrikaans eendag slegs ’n slimfoontoepassing sal wees?

Het Afrikaanssprekendes nog leiers wat kan en sal opstaan vir hul regte?

In die woorde van adv. Jan Heunis SC:

“Die uitdaging oor ons taal konfronteer ons onvermydelik en onteenseglik met die volgende vrae: Het Afrikaanssprekendes nog leiers wat kan en sal opstaan vir hul regte?

“Het hulle nog ideale wat in hierdie land in vervulling moet gaan? Het hulle nog drome? Het hulle nog veggees? Het hulle nog die moed van hul oortuiging? Sien hulle nog vir hulle ’n toekoms in hierdie land?

“Sal die aanvaarding van die nuwe taalbeleid deur die Universiteit Stellenbosch (US) hulle by die punt bring waar hulle sê: Tot hiertoe en nie verder nie?

“Glo hulle in basiese menseregte – nie net hul eie nie, maar almal s’n? Is daar nog Afrikaanse helde of sal daar weer wees? Mag die tyd leer dat die antwoorde op hierdie vrae ‘ja’ was.”

  • Rossouw is die prokureur van rekord in die saak van Gelyke Kanse teen die US.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.