Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ondersoeke in ANC nutteloos

Die ANC se integriteitskomitee/kommissie is die nuwe slagveld binne die regerende party.

Rapule Tabane

Die integriteitskommissie is eintlik die verkeerde benaming, gegewe waarmee die ANC die afgelope meer as 20 jaar verbind word.

Ons behoort eintlik te hoor van ’n integriteitskomitee in die parlement wat LP’s aanspreeklik moet hou vir hul gedrag binne en buite die parlement.

Só ’n komitee kan byvoorbeeld kyk na diegene soos Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, wat sy onlangse roekelose uitsprake oor ’n vrouejoernalis wat rondgestamp is, moet verduidelik. Hy het gesê “daar is bloot aan haar gevat” en dat dit nie teistering was nie.

Maar pleks hiervan het die parlement ’n gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange – ’n sterwende struktuur met min impak. Weet iemand eers wie die voorsitter van die komitee is? Volgens die parlement is Bekizwe Nkosi die voorsitter in die algemene vergadering en beklee Lydia Moshodi dié pos in die nasionale raad van provinsies.

As jy nog nooit dié name gehoor het nie, is jy nie alleen nie. Dit wys hoe obskuur en onaktief die komitee is.

Die ANC se integriteitskommissie is nou in die nuus weens ’n bevinding teen Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in Gauteng. Dis nou nadat die ANC hom gevra het om opsy te staan weens berigte en ’n verslag van die spesiale ondersoekeenheid oor ’n moontlike belangebotsing oor beweerde korrupsie met die aankoop van persoonlike beskermende toerusting.

Baie min ANC-lede – provinsiaal en nasionaal – is bereid om hulle aan die kommissie se reëls te onderwerp.

’n Tender vir die toerusting is glo onregmatig toegeken aan ’n vriend van die Masuku-familie, die eggenoot van Khusela Diko, woordvoerder van pres. Cyril Ramaphosa.

Die provinsiale integriteitskommissie het bevind Masuku het nie genoegsaam toesig gehou oor dié kontrakte in sy departement nie en dat hy hom gouer daarvan moes gedistansieer toe die bewerings aan die lig gekom het. Daar is wel, glo weens ’n gebrek aan inligting en bewyse, bevind hy was nie regstreeks by korrupsie betrokke nie.

Heel voorspelbaar het Masuku die bevindings verwerp, en daarna het die ANC in Gauteng by hom aangesluit en gesê die integriteitskommissie moet meer werk doen om sy bevindings te regverdig.

Baie min ANC-lede – provinsiaal en nasionaal – is bereid om hulle aan die kommissie se reëls te onderwerp. Telkens as daar ’n bevinding is teen ’n individu, voel die persoon gegrief, want hulle weet hul mededingers in die ander faksie het érger dinge gedoen en is nie daarvoor aanspreeklik gehou nie.

Toe die party in die vroeë 1990’s uit ballingskap gekom het, het dit weens korrupsie oorleef, deur sakelui wat geld gegee het in ruil daarvoor om later werk van die ANC-regering te kry.

As buitestanders moet ons wonder hoekom die party eers voorgee dat dit nodig was om dié kommissie te stig. Dit is geskep om voor te gee dat daar kommer is oor korrupsie, terwyl ons weet korrupsie is die ANC se lewenslyn.

Toe die party in die vroeë 1990’s uit ballingskap gekom het, het dit weens korrupsie oorleef, deur sakelui wat geld gegee het in ruil daarvoor om later werk van die ANC-regering te kry.

Die kommissie het nie eens die nodige personeel en magte om ’n forensiese ondersoek te doen nie en bevindings word op oppervlakkige gronde gedoen. Dit skep die ruimte om fout te vind met die bevindings en dit te verwerp.

Pogings binne die regerende party om korrupsie uit te roei, is gebrekkig en dis onwaarskynlik dat dit enige resultate sal oplewer. Terwyl die nasionale vervolgingsgesag lank vat om sy voete te vind, sal ons geen korruptes binnekort agter tralies sien nie.

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is nuttig in die onthulling van die omvang van korrupsie, maar Suid-Afrikaners wil nou weet: wat is die gevolge vir hierdie mense?

  • Tabane is die politieke redakteur van City Press.
Meer oor:  Rapule Tabane  |  Ondersoeke  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.