Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons Afrikaners moet eed teen apartheid aflê

Ons Afrikaners kort ’n eed wat ons aflê waarin ons bely dat apartheid ’n misdaad teen ons mede-Suid-Afrikaners en ’n gruwelike onreg was.

Charles Smith
Charles Smith
Charles Smith

Dit kan ’n eed wees wat jy simbolies aflê wanneer jy jou matrieksertifikaat ontvang of soos wanneer jy die belydenis van geloof aflê.

Kan jy eerlik oor jou geloof wees as jy nie besef wat ons in die naam van ons Christelike geloof aan ons broers en susters gedoen het nie?

Oudpres. FW de Klerk was ontsettend dapper toe hy Nelson Mandela onvoorwaardelik vrygelaat en die ANC en SAKP se verbanning opgehef het. Nou, 30 jaar later, is sy aanvanklike ontkenning dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom is soos ’n messteek in die maag vir almal van ons.

Hy het dit wel daarna teruggetrek en om verskoning gevra. Die vraag is of apartheid uit baie van ons wittes se harte, lewer en niere is? Dit het groot pyn, ontwrigting en selfs dood veroorsaak vir baie swart en bruin Suid-Afrikaners. Maar sal ons ooit besef watter enorme skade dit aan onsself aangerig het? Ook aan ons kinders.

Dit het my soos ’n voorhamer getref toe ek Elizabeth Molefe, my huiswerker, verlede week vir ’n vertoning van die fliek Poppie Nongena oor die lewe en stryd van ’n huiswerker in apartheid geneem het. Daarna het sy vir my gesê: “Dit was baie goed. Maar dit het só verskriklik seergemaak.”

Ek kon nie die fliek saam met haar gaan kyk nie. Dit sou vir my te pynlik wees. Want ek was in die bruin uniform op die Buffel in die town-ships om as wit seun op my swart landgenote te skiet. Ek was gedwing om in die weermag te wees, maar ek het sterk dosisse gif van wit bevoorregting en bevooroordeling ingekry, al is ek nie ’n rassis nie.

Ek het saans in die koshuis op skool gelê en hoor hoe die alarm 22:00 afgaan om swartes te waarsku om uit die wit dorp pad te gee. En dan geweet hoe die wit polisiebeamptes swartes wat op straat gekry is met knuppels en sambokke slaan. Ons is in ’n wit skool afgesonder en geleer om blind te wees vir die onreg teen swartes.

Ons het Julius Malema geskep. Ons moet hom en miljoene werkloses wat dink hy is ’n held help met kennis, geleenthede en deur dapper te wees soos FW de Klerk om ’n nuwe toekoms te skep.

Om ’n geloofwaardige stem te wees teen die skreiende onreg van die ANC-regering, teen meestal dieselfde swart mense wat onder apartheid gely het, sal ons moet besef wat se monster ons gekweek het. Ons sal dit eers moet erken en in ons eie psige vernietig.

Ons sal moet opstaan teen die onreg, die korrupsie en plundering en met die kennis en vernuf wat ons as boere, rekenmeesters, dokters en onderwysers opgedoen het, terugploeg om Cyril Ramaphosa en sy kaders se oë oop te maak en die land te red van sosialistiese plundering in die naam van ontwikkeling.

Ons het Julius Malema geskep. Ons moet hom en miljoene werkloses wat dink hy is ’n held help met kennis, geleenthede en deur dapper te wees soos FW de Klerk om ’n nuwe toekoms te skep. Want die ANC van Ace Magashule pleeg talle misdade teen die mense van Suid-Afrika.

Meer oor:  Charles Smith  |  Rassisme  |  Apartheid  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.