Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ons benodig dié immuniteit teen korrupsie

Ons kom al ’n lang pad met korrupsie. Té lank. Die afgelope weke het korrupte Covid-19-tenders ons egter ’n versadigingspunt laat bereik. Altans, so hoop ons.

Jare gelede het ek voor ’n regeringsgebou in Nairobi, Kenia, die volgende bord gesien: “You are now entering a corruption free zone.” Ek het dit amusant gevind. Vandag nie meer nie.

Tussen al die ontstellende berigte oor korrupsie spook twee vrae by my. Waar kom die virus vandaan? En hoe kan dit gekeer word?

In die 16de eeu het die Italianer Niccolo Machiavelli die wêreld laat regop sit met sy boek The Prince. Tot vandag is mense nie heeltemal seker of hy ’n bepaalde politieke orde probeer voorstaan het, of net beskryf het nie.

Hoe ook al, wat hy geskets het, het nie goed afgegaan nie. Naas sentrale beheer en burokrasie, wil dit voorkom of hy sinies was oor die Skrif, Plato en karakter. Terselfdertyd is sukses en doeltreffendheid gesien as groot deugde. Om te jok was eintlik nie so sleg nie, en baie het groot sukses daarmee behaal, het hy geskryf.

Die term, “Machiavelliaanse misbruik van mag” is deesdae goed bekend. Dit word algemeen aanvaar dat mag korrupteer, en absolute mag dikwels grootskaalse korrupsie tot gevolg het. Die gebrek aan ’n moontlikheid tot aanspreeklikheid en vervolging word wêreldwyd as ’n verdere oorsaak aangevoer.

Oor die wêreld heen het korrupsie nóg ’n pandemie geword: Koning Juan Carlos van Spanje het onlangs die pad gevat nadat hy vermoedelik R2 miljard se omkoopgeld ontvang het. Somalië, Noord-Korea, Mianmar en Afganistan word as van die korrupste lande ter wêreld beskou, maar dit neem nie die naarheid op jou maag weg as jy na Suid-Afrika kyk nie.

Wat is die oplossing? Enigiets wat sistemies en endemies geword het, word nie maklik uitgeroei nie.

Wat is die oplossing? Enigiets wat sistemies en endemies geword het, word nie maklik uitgeroei nie. Dit is al meermale gesê dat die vervolgingsgesag nou sy werk moet begin doen.

Ons is dankbaar oor nuwe wetgewing wat vervolging moontlik maak voor die Zondo-kommissie sy werk afgehandel het. Die SA Raad van Kerke se sterk verklaring oor korrupsie word verwelkom.

Wat ons nodig het, is ’n breë beweging van geloofsleiers en gemeenskappe wat hande vat en druk op elke regeringsvlak begin plaas. Gemeentes sal die begrotings van plaaslike owerhede moet aanvra en met die kundige kapasiteit wat bestaan, selfs sogenaamde “wettige” opgeblaasde transaksies openbaar. Ons betaal ’n reuse-, onnodige, verborge belasting.

Intussen bly Paulus se woorde aan die Filippense steeds toepaslik: “Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense . . . ligdraers in die wêreld.”

Elkeen van ons sal ons eie karakter moet evalueer. As ons nie ’n kudde-immuniteit teen korrupsie ontwikkel nie, gaan ons siek bly.

  • Dr. Hanekom is direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis.
Meer oor:  Braam Hanekom  |  Korrupsie  |  Mening  |  Immuniteit  |  Regering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.